Koue S­tan stot­ter in Fran­se hoof­stad

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Jo­han­nes­burg. – Die S­wit­ser S­ta­nis­las Wa­wrin­ka het so byna gis­ter die Fran­se Ope se ge­skie­de­nis­boe­ke her­skryf – en nie op ‘n goeie ma­nier nie.

In die 125 jaar van dié toer­nooi het Frank­ryk se ten­nis­lief­heb­bers nog nooit aan­skou hoe hul heer­sen­de mans­kam­pi­oen se ver­de­di­ging ná net een ron­de ein­dig nie, maar vir ’n ruk gis­ter het dit ge­lyk as­of pre­sies dít sou ge­beur.

Wa­wrin­ka, wat vriend en vy­and ver­stom het toe hy No­vak D­jo­ko­vic ver­le­de jaar in die eind­stryd by Ro­land Gar­ros ver­slaan het, was in sy te­rug­keer na dié ten­nis­kom­pleks soos ’n ou skor­ro-skor­ro wat maar net nie aan die gang kon kom nie, en kon eers ná vyf stel­le weg­stap met ’n oor­win­ning oor die T­sjeg Lu­kas Ro­sol.

Die wen­tel­ling van 4-6, 6-1, 3-6, 6-3, 6-4 ver­tel die ver­haal van ’n wip­plank-stryd waar­in Wa­wrin­ka heel­wat meer op­draan­de ge­had het as wat e­nig­een voor­af ver­wag het.

Ro­sol is 59ste op die wê­reld­rang­lys, ter­wyl Wa­wrin­ka die Fran­se Ope se der­de ge­keur­de is. In vier vo­ri­ge krag­me­tings kon die T­sjeg nie ’n en­ke­le stel by die meer ge­roem­de S­wit­ser af­rok­kel nie.

Maar dit het hom net 42 mi­nu­te ge­neem om daar­die sta­tis­tiek te ver­an­der deur die eer­ste stel te wen. Sy ag­gres­sie by die net en ge­wil­lig­heid om sy gô na al­le kan­te van die baan uit te hard­loop, het Wa­wrin­ka heel­te­mal on­kant ge­vang.

Die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen het hard te­rug­ge­slaan in die t­wee­de stel en net ses pun­te op sy eie af­slaan ver­loor.

Maar op ’n koue dag in die Fran­se hoof­stad was dit as­of hy net nie kon op­warm nie, en na­dat hy die on­ge­dwon­ge fou­te in die der­de stel in­ge­ryg het om ook dié te ver­loor, was sy rug skie­lik ferm teen die muur.

Toe­ge­wy­de ten­nis­lief­heb­bers sal Ro­sol dalk ont­hou as die man wat Ra­fa­el Na­dal in 2012 in die eer­ste ron­de van Wim­ble­don uit­ge­boen­der het, toe hy nr. 100 in die wê­reld was. Die T­sjeg wéét hoe soet proe kam­pi­oens­vleis, en was gis­ter hon­ger vir nog.

Maar sy ge­brek aan er­va­ring, en Wa­wrin­ka se skat­kis van goeie her­in­ne­rin­ge op die rooi klei van Ro­land Gar­ros het uit­ein­de­lik saam­ge­sweer teen die T­sjeg, en hy kon in die laas­te twee stel­le nie kers vas­hou op die be­lang­ri­ke pun­te nie.

Wa­wrin­ka het Sa­ter­dag die Genè­ve Ope ge­wen, so­dat sy lus­te­lo­se be­gin aan die Fran­se skou­spel deur nie­mand ver­wag is nie.

Met sy land­ge­noot, Ro­ger Fe­de­rer, van­jaar af­we­sig by Ro­land Gar­ros is ’n gan­se na­sie se hoop op Wa­wrin­ka – en hy én S­wit­ser­land sal a­sem op­hou dat gis­ter se ver­to­ning ’n blo­te blip op die ra­dar was.

) Die t­wee­de dag van die toer- nooi het ook suk­ses ge­le­wer vir die vyf­de ge­keur­de Kei Nis­hi­ko­ri, S­pan­je se Gar­bi­ne Mu­gu­ru­za (vier­de ge­keur), die t­wee­de ge­keur­de Ag­niesz­ka Rad­wan­ska en Ka­na­da se Mi­los Ra­o­nic.

Die wed­stryd tus­sen Nis­hi­ko­ri en die I­ta­li­a­ner Si­mo­ne Bo­lel­li het reeds Son­dag be­gin, maar die weer­go­de het in­ge­gryp en hul­le moes gis­ter te­rug­keer.

Van die twee het Nis­hi­ko­ri die on­der­bre­king be­ter han­teer. Hy was mak­lik baas met 6-1, 7-5, 6-3.

Rad­wan­ska het Bo­ja­na Jo­va­no­vski in ’n jap­trap af­ge­ran­sel, met 6-0, 6-2 en Ra­o­nic het ook min ge­sweet ter­wyl hy met 6-3, 6-2, 7-6 (7/5) oor Jan­ko Tip­sa­re­vic ge­se­ë­vier het.

Mu­gu­ru­za moes ’n bie­tjie har­der werk, maar sy het ’n vroeë hik oor­kom om met 3-6, 6-3, 6-3 te wen teen An­na Ka­ro­li­na S­chmied­lo­va.

Vir die Bul­gaar G­ri­gor Di­mi­trov was dit nie ’n ge­luk­ki­ge dag nie.

Die jong man is net ’n paar jaar ge­le­de Ba­by Fed ge­noem, uit re­spek vir sy snel­le op­gang in wê­reld­ten­nis, maar daar­die dae be­gin ver­vaag nou.

Di­mi­trov het on­ge­keurd by Ro­land Gar­ros op­ge­daag en ’n ma­ra­thon-stryd teen Vik­tor Troicki met 2-6, 6-3, 5-7, 7-5, 6-3 ver­loor.

Fo­to: GETTY IMAGES Fo­to: REU­TERS

Pu­re ver­lig­ting. . . S­tan Wa­wrin­ka brul van vreug­de na­dat hy ’n moei­li­ke be­gin aan sy Fran­se Ope­veld­tog oor­leef het. S­pan­je se Gar­bi­ne Mu­gu­ru­za (die vier­de ge­keur­de) is deur na die t­wee­de ron­de van die Fran­se Ope ná sy ’n sta­di­ge be­gin aan haar veld­tog oor­kom het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.