Nie eens FA Cup kon Van Gaal red

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Lon­den. – Man­ches­ter U­ni­ted was gis­ter­aand nog dood­stil oor die lot van sy af­rig­ter, Lou­is van Gaal, na­dat wê­reld­wyd be­rig is dat hy af­ge­dank is skaars twee dae na­dat hy die FA Cup ver­o­wer het met ’n se­ge oor Cry­stal Pa­la­ce in die eind­stryd.

Die klub wou ook geen woord rep oor be­spie­ge­ling dat die voor­ma­li­ge C­hel­sea­brei­er José Mour­in­ho van Gaal gaan op­volg nie.

Van Gaal be­taal die prys vir U­ni­ted se swak ver­to­ning in die En­gel­se P­re­mier­liga. Hy het vyf­de ge­ëin­dig en slegs 49 doe­le aan­ge­te­ken.

On­der­steu­ners het glad nie van sy speel­styl ge­hou nie en be­rig­te wil dit selfs hê dat daar ’n op­stand on­der die spe­lers was.

Mour­in­ho sal van­dag met U­ni­ted praat. Daar is gis­ter fo­to’s ge­neem van ver­skeie kar­ton­do­se wat uit sy huis in Lon­den ge­dra word en dit het be­spie­ge­lin­ge ver­sterk.

Daar is ook nou on­se­ker­heid oor Ry­an Giggs se toe­koms by U­ni­ted, hoe­wel Mour­in­ho hom graag wil be­hou as lid van die af­rig­ting­span.

Mour­in­ho se eer­ste ko­pie kan die S­weed Zla­tan I­bra­hi­mo­vic wees, wat nog tot on­langs vir PSG in Frank­ryk ge­speel het. John S­to­nes en Ne­man­ja Ma­tic kan ook op sy in­ko­pie­lys wees in sy stre­we om weer van U­ni­ted ’n krag in En­gel­se sok­ker te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.