Swak lei­er­skap, in­skik­li­ke hoof­de en ag­gres­sie­we u­nies kry skuld

Beeld - - Nuus -

Die de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys se “swak, on­doel­tref­fen­de en ver­wa­ter­de” lei­er­skap het daar­toe by­ge­dra dat on­der­wy­sers­pos­te waar­skyn­lik “ver­koop” is.

Dit is die be­vin­ding in die so­ge­naam­de “kon­tant-vir-werk­ver­slag” wat An­gie Mots­hek­ga, mi­nis­ter van ba­sie­se on­der­wys, Vry­dag uit­ge­reik het.

In ’n maan­de lan­ge on­der­soek na be­we­rings dat le­de van die Suid-A­fri­kaan­se De­mo­kra­tie­se On­der­wy­sers­u­nie (Sa­dou) pos­te teen be­ta­ling aan an­der Sa­dou-le­de ge­bied het, het die mi­nis­te­ri­ë­le taak­span 38 ge­val­le in ses pro­vin­sies ge­vind waar­in daar be­dui­den­de be­wy­se van mis­da­di­ge op­tre­de of ’n re­de­li­ke ver­moe­de daar­van is.

“Swak o­wer­he­de, ag­gres­sie­we vak­bon­de, in­skik­li­ke skool- hoof­de en on­der­wy­sers wat gre­tig is om baat te bind by hul vak­bond­lid­maat­skap is die kom­bi­na­sie van fak­to­re wat ge­hal­te-on­der­wys on­der­gra­we deur pro­fes­si­o­ne­le waar­des aan te val,” lui die ver­slag.

Van die 81 sa­ke wat on­der­soek is, het die taak­span in 38 ge­val­le moont­li­ke kor­rup­sie gei­den­ti­fi­seer. Nog 39 ge­val­le kon nie on­der­soek word nie om­dat po­ten­si­ë­le ge­tui­es uit vrees vir hul vei­lig­heid nie wou saam­werk nie.

Die taak­span het in 12 ge­val­le in K­waZu­lu-Na­tal óf on­reg- ma­ti­ge op­tre­de ge­vind óf ’n sterk ver­moe­de ge­had dat dit plaas­vind. Nog 11 ge­val­le is in Noord­wes ge­vind en vier in die Oos-Kaap. In Gau­teng, Lim­po­po en M­pu­ma­lan­ga is pos­te ver­moe­de­lik ook “ver­koop”.

’n Fo­ren­sie­se on­der­soek na die 38 ge­val­le duur voort, waar­na straf­reg­te­li­ke en tu­g­aan­be­ve­lings ge­doen sal word, sê E­li­jah Mhlan­ga, woordvoerder van die de­par­te­ment.

Die taak­span, on­der lei­ding van prof. John Vol­mink, voor­sit­ter van die raad vir ge­hal­te­ver­se­ke­ring in al­ge­me­ne on­der­wys (U­ma­lu­si), het 16 aan­be­ve­lings aan die de­par­te­ment ge­doen om die si­tu­a­sie te be­red­der. Dit sluit tug­stap­pe in teen die­ge­ne wat ver­ant­woor­de­lik is daar­voor om die aan­stel­lings­pro­ses kor­rup­sie­vry te maak.

Die span het ook aan­be­veel dat skool­be­heer­lig­ga­me se mag­te om aan­be­ve­lings vir aan­stel­lings in pos­te bo pos­vlak 2 te doen, weg­ge­neem word en dat vak­bon­de se voor­reg­te in dié pro­ses her­sien word.

“Die pro­ses waar­vol­gens kan­di­da­te in die on­der­wys­sek­tor aan­ge­stel word, is deur­spek met teen­stry­dig­he­de. Ge­volg­lik is die pro­ses op tal­le vlak­ke aan li­ti­ga­sie bloot­ge­stel,” lui die ver­slag.

“Daar is ’n be­hoef­te om dié pro­ses te her­sien so­dat dit in oor­een­stem­ming is met die al­ge­me­ne be­gin­sels van men­se­hulp­bron­be­stuur in die o­pen­ba­re sek­tor.”

Fo­to: MARY­ANN PAL­MER

An­gie Mots­hek­ga, mi­nis­ter van ba­sie­se on­der­wys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.