Suid­A­fri­kaan­se Pa­ra­lim­pie­se rui­ter na Rio

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Jo­han­nes­burg – Die Suid­A­fri­kaan­se Pa­ra­lim­pie­se rui­ter P­hi­lip­pa John­sonD­wy­er het in Mann­heim, Duits­land, ge­kwa­li­fi­seer vir die Pa­ra­lim­pie­se S­pe­le.

Die 41­ja­ri­ge John­son­D­wy­er sal in Sep­tem­ber in Rio de Ja­nei­ro as ’n lid van die dres­sa­ge­groep aan die CPEDI3­kom­pe­ti­sie deel­neem.

Sy het saam met S­ha­ni de Beer (Graad II) en Tam­sin M­batsha­Bou­wer (Graad Ib) in Duits­land mee­ge­ ding. Al drie het vir Rio ge­kwa­li­fi­seer, maar net John­son­D­wy­er is in die groep in­ge­sluit.

“Dit was ’n on­ge­loof­li­ke jaar tot dus­ver. Ek het Lord Lou­is nou vier jaar en hy is ver­re­weg die ta­lent­vol­ste perd wat ek ooit ge­had het.

“Hy was ook hals­star­rig met tye, maar kom nou tot sy vol­le reg. Al die har­de werk was die moei­te werd,” het John­son­D­wy­er ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.