S­kot­se sok­ker­boe­we ‘gaan boet vir ge­weld’

Beeld - - Sport - – bbc.com

Glas­gow. – Die S­kot­se Sok­ker­ver­en­ging (SFA) het ge­waar­sku dat on­der­steu­ners wat Sa­ter­dag ’n aan­deel ge­had het in die ge­weld hier op Hamp­den Park, aan die pen sal ry.

Ge­weld het uit­ge­bars toe Hi­ber­ni­an met 3­2 oor Ran­gers ge­se­ë­vier het in die S­kot­se Be­ker­eind­stryd.

Spe­lers en le­de van Ran­gers se be­stuur­span is glo aan­ge­rand toe toe­skou­ers op die veld ge­storm het.

Elf on­der­steu­ners is in heg­te­nis ge­neem en die SFA sê nog men­se kan aan­ge­keer word.

Gor­don S­mith, ’n voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof van die SFA, het Hi­ber­ni­an ge­waar­sku hy kan ge­straf word ná die voor­val.

“Dit is baie hart­seer. Die nuus is reg oor die wê­reld be­kend en dit skaad die beeld van S­kot­se sok­ker.”

Dit is die eer­ste keer se­dert 1902 wat Hi­ber­ni­an die S­kot­se Be­ker ge­wen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.