‘Dit was g’n plaas­aan­val’

Nog 3 jong boe­re in heg­te­nis

Beeld - - Front Pa­ge - Mi­ke van Rooy­en

Ek gaan nie vir ie­mand an­ders se da­de tronk toe nie.

Die “plaas­aan­val” op ’n boer van Pa­rys wat tot twee be­weer­de vi­gi­lan­te-moor­de aan­lei­ding ge­gee het, het blyk­baar nooit ge­beur nie.

Die be­se­rings wat Loe­die van der West­hui­zen (73) op­ge­doen het, is glo self­toe­ge­dien, toe hy twee plaas­wer­kers wat hul ag­ter­stal­li­ge lo­ne wou hê met ’n be­sem­stok van sy plaas pro­beer ver­jaag het.

In ’n groot deur­braak in die on­der­soek na die saak, wat land­wyd op­slae ge­maak het, is nog drie jong boe­re gis­ter in heg­te­nis ge­neem.

So­wat 40 mans, van wie die mees­te boe­re is, het op 6 Ja­nu­a­rie ge­re­a­geer toe Van Der West­hui­zen ’n nood­knop­pie in sy plaas­huis ge­druk het om hulp te ont­bied.

Hul­le was teen­woor­dig toe die twee plaas­wer­kers, Sa­mu­el T­jixa en Si­mon Ju­be­ba, dood­ge­slaan is.

Ver­skeie van dié mans het nou na vo­re ge­kom en ver­kla­rings by die po­li­sie af­ge­lê.

“Ek gaan nie vir ie­mand an­ders se da­de tronk toe nie,” het een van hul­le glo ge­sê.

In Pa­rys is daar glo al ge­rui­me tyd on­te­vre­den­heid on­der van die boe­re wat da­de­lik ge­re­a­geer het op Van der West­hui­zen se a­larm en help soek het na die “aan­val­lers”.

T­jixa en Ju­be­la was glo op Van der West­hui­zen se plaas, Bie­sies­bult, in die Wei­veld-ge­bied om ag­ter­stal­li­ge lo­ne te kry, ver­neem Beeld.

Dit was glo geld wat sy seun, Boe­ta van der West­hui­zen (46), aan hul­le ge- skuld het. Boe­ta was een van die eer­ste boe­re wat in ver­band met die twee moor­de in heg­te­nis ge­neem is.

T­jixa en Ju­be­la het glo van die plaas weg­ge­hard­loop en is deur van die boe­re aan­ge­keer wat op die nood­op­roep ge­re­a­geer het.

Daar­na is hul­le na be­we­ring so erg deur ’n groep van vyf of ses mans aan­ge­rand dat hul­le dood is.

Beeld ver­neem die laas­te dra­de van die po­li­sie se on­der­soek is nou by­me­kaar ge­trek met die in­heg­te­nis­ne­ming van die laas­te drie ver­dag­tes in die saak.

Twee van hul­le is glo ver­want aan on­der­skei­de­lik Boe­ta en An­ton Log­ge­ren­berg, een van die an­der be­skul­dig­des.

Hul­le sal waar­skyn­lik mô­re in die land­dros­hof in Pa­rys ver­skyn en dan weer Vry­dag saam met die an­der ver­dag­tes.

Die an­der mans wat ook Vry­dag in die hof ver­skyn, is M­ül­ler van der West­hui­zen (19), Wi­an van der West­hui­zen (20), Fa­nie Oost­hui­zen (42), kapt. Henk Prins­loo (46) en Boe­ta.

Boe­ta ver­skyn ook op aan­klag van in­ti­mi­da­sie.

Hy het na be­we­ring kapt. Fran­cois Laux, wat by die on­der­soek be­trok­ke is, ge­bel en ge­dreig.

’n On­der­soek­span met kol. De­on Top­kin, be­vel­voer­der van die Val­ke in die Vry­staat, aan die hoof, Laux en nog tien speur­ders is se­dert Ja­nu­a­rie met die moor­don­der­soek in Pa­rys be­sig.

B­rig. Hang­wa­ni Mu­lau­d­zi, woord­voer­der van die Val­ke, het gis­ter­aand be­ves­tig drie ver­dag­tes van tus­sen 18 en 22 jaar oud is gis­ter in heg­te­nis ge­neem.

“Ons is vol ver­troue in ons on­der­soek,” het hy ge­sê.

— EEN VAN DIE BOE­RE WAT ’N VER­KLA­RING AF­GE­LÊ HET

Fo­to: DE­ON RAATH

Loe­die van der West­hui­zen kort ná die be­weer­de aan­val.

Boe­ta van der West­hui­zen

M­ül­ler van der West­hui­zen

An­ton Log­ge­ren­berg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.