Pta­skool sê eer­der sy siel as rug­by

Beeld - - Front Page - Ge­or­ge Ger­mis­huys

’n S­pog­skool in P­re­to­ria sê hy is nie be­reid om sy siel vir rug­by-oor­win­nings te ver­koop nie.

“Ons is be­kom­merd oor die on­re­a­lis­tie­se ver­wag­tin­ge wat som­mi­ge oud­leer­lin­ge en on­der­wy­sers van ’n en­ke­le rug­by­span in die skool koes­ter,” kap die P­re­to­ria Boys High S­chool in ’n ope brief te­rug na­dat on­der­steu­ners gal ge­braak het oor die on­lang­se swak pres­ta­sies van die skool se eer­ste rug­by­span.

“Ons ver­staan dat rug­by be­skou word as die e­nig­ste en be­pa­len­de maat­staf van ’n skool se ge­sond­heid. Dit is vir ons ’n reu­se-pro­bleem.”

Die res van die brief, wat eer­gis­ter deur Boys High se sport­kan­toor uit­ge­reik is, ver­dui­de­lik waar­om die skool dit as ’n pro­bleem be­skou.

Die skool moes die na­week die knie met 13-54 voor St. Be­ne­dicts van Jo­han­nes­burg buig.

Vol­gens Boys High het hy moont­lik ’n ag­ter­stand om­dat hy nie, soos baie an­der tra­di­si­o­ne­le rug­by­sko­le, beur­se aan be­lo­wen­de spe­lers aan­bied nie.

“Hier­die is een van die skool se kern­be­gin­sels. El­ke seun is hier om­dat hy hier wil wees en ons is nie be­reid om daar­aan te kar­ring nie.

“Top­spe­lers word al so vroeg as gr. 6 ge­tei­ken.

“Tal­le sko­le ge­bruik ook ’n dub­be­le in­na­me, wat be­te­ken dat hul­le in gr. 10 nog ’n klomp spe­lers koop.”

Dit be­te­ken dat al­le span­ne in dié ou­der­doms­groep ster­ker word, aan­ge­sien ge­mid­del­de spe­lers nou in la­er span­ne sal speel.

“Ons is nie be­reid om ons­self aan hier­die prak­tyk oor te gee nie. Soos ’n Old Boy dit on­langs ge­stel het: ‘Ons sal nie ons siel vir ’n oor­win­ning ver­koop nie.’ ”

Lui­dens die brief is die skool ook daar­teen ge­kant om ’n pro­fes­si­o­ne­le eer­ste­spa­n­af­rig­ter aan te stel, aan­ge­sien dit on­bil­li­ke druk op die spe­lers sal plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.