Bem­bi ont­ho­ring vir haar eie be­sker­ming

Beeld - - Nuus - Ca­ra­Lee Dorf­ling

Hoe­wel hy met mag en me­ning min­stens een re­nos­ter met ’n ho­ring in die Krag­ga Kam­ma­wild­park wou hou, het die werk­lik­heid hom ge­noop om die laas­te re­nos­ter met ’n ho­ring in die park gis­ter te laat ont­ho­ring.

Gar­net Can­tor, ei­e­naar van die Krag­ga Kam­ma-wild­park net bui­te Port E­li­za­beth, vee lank oor sy ge­sig en gee ’n hoor­ba­re sug ter­wyl hy toe­kyk hoe Bem­bi (5), ’n re­nos­ter­koei, se ho­ring met ’n e­lek­trie­se saag in die kun­di­ge han­de van dr. Wil­li­am Fo­wlds van In­ves­tec R­hi­no Li­fe­li­ne ver­wy­der word.

’n S­kerp reuk soos ge­bran­de na­els hang in die lug wan­neer Can­tor sê: “Ek het heel­tyd vas­ge­skop. Een re­nos­ter met ’n ho­ring is al wat ek vir die park wou hê. Maar toe raak Bem­bi drag­tig en al­les ver­an­der.”

S­kaars twee jaar ge­le­de was Bem­bi ’n angs­be­van­ge re­nos­ter­kalf wat rond­ge­hard­loop en be­droef­de kerm­ge­lui­de ge­maak het ter­wyl haar re­nos­ter­ma, Bel­la, se ho­ring af­ge­saag is.

Gis­ter­og­gend was dit Bem­bi se beurt. Vol­gens Can­tor is Bem­bi on­langs ge­dek en wil hy nou al­les moont­lik doen om haar van ’n stro­ping te red.

S­tro­pers het van­jaar al 14 re­nos­ters in die Oos-Kaap ver­nie­tig. “Re­nos­ters dra so­wat 16 maan­de aan ’n kalf. Daar­na het ’n kalf sy ma nog drie jaar no­dig. Ons kon nie die kans waag dat Bem­bi, en nou ook haar kal­fie, vir haar ho­ring ver­moor word nie.”

Be­ne­wens Bem­bi was C­huck Nor­ris, die park se ne­ge­ja­ri­ge re­nos­ter­bul, ook weer on­der die saag. Fo­wlds het sy ho­ring ook twee jaar ge­le­de, saam met dié van Bel­la, ver­wy­der.

C­huck, wat sy naam te dan­ke het aan die krag en spoed wat hy op sy eer­ste dag in die park ge­wys het, het gis­ter weer sy naam ge­stand ge­doen toe die ver­do­wings­pyl hom eers ná by­na vyf mi­nu­te op sy knie ge­dwing het. C­huck se klein ho­ring van on­ge­veer 3 kg is ver­wy­der en kan vol­gens Can­tor teen so­wat $60 000 op die swart­mark ver­han­del.

Fo­to’s: DE­ON FERREIRA

’n Sim­bo­lie­se be­sker­mings­kring word ge­vorm deur men­se wat ge­kyk het hoe Bem­bi die re­nos­ter se ho­ring af­ge­saag is om haar teen s­tro­pers te be­skerm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.