‘Bly net kalm’ as leeus re­ën­wa­ter van tent lek

Beeld - - Nuus - – Mur­ray Louw

Bly net kalm as ’n leeu of drie re­ën­wa­ter van jou tent­flap af­lek.

“As jy hul­le nie pla nie, sal hul­le jou ook nie pla nie,” glo Fran­cie Lub­be.

Sy en haar man, Da­nie, was on­langs vir die ses­de keer in die K­gala­ga­di-oor­grens­park in ’n on­om­hein­de kamp toe die drie leeus kom be­soek af­lê het.

Net die dun seil van hul tent het hul­le van die leeus ge­skei. Die leeus was so na­by dat jy aan hul­le kon vat, so deur die tent, sê Fran­cie.

En ag nee wat, hoe­kom sal jy nou bang wees?

Da­nie was soos ge­woon­lik koel­kop en het ge­fluis­ter dat hul­le gou ’n ka­me­ra moet kry en die to­neel ver­film.

Op ’n vo­ri­ge be­soek was Da­nie be­sig om aan die son­bat­te­rye te werk toe ’n paar hi­ë­nas aan ou braai­vleis­be­ne kom kou het.

Fo­to: DA­NIE LUB­BE

Die Lub­be­eg­paar van Boks­burg het ’n vi­deo op Fa­ce­book ge­deel van hier­die voor­val in ’n on­om­hein­de kamp in die K­gala­ga­di­oor­grens­park waar drie leeus hul tent kom lek het, ver­moe­de­lik vir die re­ën­drup­pels teen die tent­seil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.