Win­nie­moord­ver­dag­te toe­ge­juig

Beeld - - Nuus - S­han­tel Mo­ses Win­nie Rust

Die jong at­leet wat van die moord op die skry­wer Win­nie Rust aan­ge­kla word, is gis­ter deur in­wo­ners van Nu­we­rus toe­ge­juig toe hy die land­dros­hof in Wel­ling­ton ver­laat het.

Ni­gel Plaat­jies (18) het saam met Jo­han­nes Plaat­jies (34) op aan­klag van moord in die hof ver­skyn.

Die ver­rig­tin­ge is uit­ge­stel om Jo­han­nes die ge­leent­heid te gee om aan­soek om regs­hulp te doen.

Die hof het ge­hoor die pro­ku­reur wat sy aan­soek om borg­tog sou han­teer het, is ’n fa­mi­lie­lid van hom.

Die twee mans se borg­to­gaan­soek sal eers voort­gaan as Jo­han­nes ook ’n regs­ver­teen- woor­di­ger het.

Ver­skeie men­se wat ter on­der­steu­ning van Ni­gel by die hof op­ge­daag het, het ge­huil en me­kaar ge­troos.

Ni­gel is ’n ste­r­at­leet en het ver­le­de jaar aan die Ho­ër­skool Hu­ge­no­te ge­ma­tri­ku­leer.

V­rien­de en fa­mi­lie het bui­te die hof ge­wag dat Ni­gel ná die ver­rig­tin­ge deur die po­li­sie van die hof af weg­ge­neem word.

Toe hy te voor­skyn kom, het die men­se han­de ge­klap.

“Die ge­meen­skap staan ag­ter jou, Ni­gel. Ons weet jy is on­skul­dig. Jy is nog steeds my held,” het van hul­le uit­ge­roep.

Ni­gel se maats het me­kaar vas­ge­hou en ge­huil.

Een van die vroue het Ni­gel ’n pers doek ge­gee om sy ge­sig vir die me­di­a­men­se te be­dek. Hul­le het ook die mo­tor waar­in hy ver­voer is met hul baad­jies be­dek.

Jo­han­nes, wat uit die hof se sel­le kom­men­taar ge­le­wer het, is stil­ge­maak. “Hou jy jou bek; jy hoort nie eens op Wel­ling­ton nie!” het die in­wo­ners ge­skree.

Rust se lyk is so­wat twee we­ke ge­le­de in die kom­buis van haar huis in die dorp ge­vind. Haar han­de en voe­te was vas­ge­bind en haar mond was met deur­sky­nen­de kleef­band toe­ge­plak. Haar man, dr. Manie Rust, het op sy vrou se lyk af­ge­kom.

Ni­gel het Rust ge­ken om­dat sy ma vir een van haar dog­ters ge­werk het. Rust het hom op skool gel­de­lik on­der­steun.

Van die goed wat by Rust ge­steel is, is kort ná haar dood na be­we­ring in Ni­gel se be­sit ge­vind. Jo­han­nes is ’n dag ná hom in heg­te­nis ge­neem. Lui­dens me­di­a­be­rig­te is Jo­han­nes Ni­gel se oom. Die twee is gis­ter af­son­der­lik van die hof af ver­voer om­dat daar glo wry­wing tus­sen hul­le is.

Fo­to: EDREA DU TOIT

Ni­gel Plaat­jies ver­laat die aan­hou­ding­sel­le by die land­dros­hof in Wel­ling­ton gis­ter.

Jo­han­nes Plaat­jies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.