Kof­fie, toe word hy ver­moor

Vrou mors geld, wil nie hê hy moet weet

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Vrou het vir haar man sy laas­te kop­pie kof­fie ge­gee ter­wyl sy ge­weet het hy sou daar­na met ’n mes dood­ge­steek word.

So het reg­ter Ts­hif­hi­wa Mau­me­la gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria ge­sê toe hy dié vrou tot lewenslange tronkstraf ge­von­nis het.

Ha­zel Una Ferreira (32) het haar man, Fran­cis­co Pau­lo Ferreira, op 10 Fe­bru­a­rie 2014 met twee an­der mans se hulp ver­moor om­dat sy nie wou hê hy moes uit­vind sy het sy geld wan­be­stee nie.

Haar broer, Ed­ward Brad­ley Kock, en die man wat hul­le ge­huur het vir die moord, Ke­vin Frank Hut­ton, het ook lewenslange tronkstraf ge­kry.

Fran­cis­co was ’n sa­ke­man met drie slag­hui­se in Jo­han­nes­burg.

Kock het Hut­ton, sy vriend, in Fe­bru­a­rie 2014 ge­bel om te hoor of hy van ’n huur­moor­de­naar weet.

Hy het ver­dui­de­lik sy sus­ter het van Fran­cis­co se spaar­geld ge­bruik en dat Fran­cis­co op die punt was om dit uit te vind.

Die geld is glo ge­spaar so­dat ’n nu­we su­per­mark ge­koop kon word.

Die og­gend van 10 Fe­bru­a­rie het die twee mans by die Fer­rei­ras se huis in Paul Ne­w­man­laan, Bas­so­nia, in die sui­de van Jo­han­nes­burg, op­ge­daag.

Hul­le het Fran­cis­co 16 keer in die nek, bors en bo­lyf ge­steek.

Die drie be­skul­dig­des is uit­ge­ken op die beeld­ma­te­ri­aal van vei­lig­heids­ka­me­ras by die huis.

Dit het on­der meer ge­wys hoe hul­le die huis ná die moord skoon­maak.

Mau­me­la het in die von­nis­op­leg­ging ge­sê Fran­cis­co het Ha­zel met ’n groot be­drag geld ver­trou. Sy het dié geld wan­be­stee.

Sy het die “mees on­denk­ba­re me­to­de” be­dink om te keer dat hy dit uit­vind.

Die drie het dié og­gend vroeg op­ge­staan om elk ’n rol in die moord te ver­vul.

Mau­me­la het ge­sê Ha­zel het aan haar man ’n “val­se ge­voel van vei­lig­heid” ver­skaf en vir hom ’n laas­te kop­pie kof­fie ge­gee.

Hy het op die sit­ka­mer­bank aan die slaap ge­raak. Daar­na het die an­der twee mans hom met mes­se kom steek.

Hul­le het die lyk in ’n plas­tiek­sak en kom­ber­se toe­ge­draai en dit in ’n o­ran­je vul­lis­hou­er ge­plaas. Die hou­er is op ’n Nis­san 1400-bak­kie ge­laai.

Hul­le het ’n voor­ma­li­ge tax­i­be­stuur­der ge­huur om die bak­kie na die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke se par­keer­ter­rein in Al­ber­ton te neem en dit daar te los.

As die tax­i­be­stuur­der nie ag­ter­dog­tig ge­raak en die po­li­sie van die bak­kie laat weet het nie, kon Fran­cis­co se dood mak­lik deel ge­wees het van die sta­tis­tie­ke oor on­op­ge­los­te moor­de, het die reg­ter ge­sê.

Ha­zel het twee kin­ders, van ses en se­we jaar oud, wat nou by ’n fa­mi­lie­lid bly, het Mau­me­la ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.