Borg­tog ná uit­smy­ter by Pta­nag­klub dood­ge­skiet is

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Die jong man wat in ver­band met die moord op ’n uit­smy­ter van ’n nag­klub in P­re­to­ria in heg­te­nis ge­neem is, is op borg­tog van R5 000 vry­ge­laat.

Die staat het nie die aan­soek van Nis­ha­len Pat­her (24) van Lau­di­um teen­ge­staan nie om­dat hy nie as ’n vlug­ri­si­ko be­skou word nie.

Ken­eil Muthray, sy pro­ku­reur, het ook in die land­dros­hof in P­re­to­ria aan­ge­voer dat Pat­her nie met die voor­val ver­bind kan word nie.

Pat­her het self ná A­veou­mi O­lei­de­le (37) se dood op 8 Mei na die po­li­sie ge­gaan.

Die voor­val het ge­beur op die twee­de aand dat die nu­we nag­klub by Men­lyn Pi­az­za, in die oos­te van P­re­to­ria, oop was.

Die klub was eers be­kend as Ty’s, waar daar voor­heen ver­skeie voor­val­le bui­te die kui­er­plek in dié ge­goe­de woon­buurt was.

Ty’s het toe­ge­maak en ’n nu­we klub, T­hun­dr, het oop­ge­maak.

Die po­li­sie het ge­sê ’n groep van on­ge­veer se­we v­rien­de, som­mi­ge van Lau­di­um en an­der ver­moe­de­lik van Dur­ban, het die Sa­ter­dag­aand in die klub ge­kui­er.

Ie­mand in die groep het glo moei­lik­heid in die klub ge­maak en uit­smy­ters het die groep ver­wy­der.

Bui­te het ie­mand ’n vuur­wa­pen uit­ge­haal en een van die uit­smy­ters ge­skiet. Hy is op die to­neel dood.

Kort ná die voor­val het die po­li­sie ’n man vir on­der­vra­ging in­ge­neem. Hy is la­ter laat gaan.

Muthray het Pat­her se ver­kla­ring in die borg­to­gaan­soek voor­ge­lees.

Hier­in be­weer die ver­koop­man die po­li­sie het ná die moord ge­hoor dat ’n groep In­di­ër­mans dalk be­trok­ke was.

Bui­te op die par­keer­ter­rein is ’n In­di­ër­man ge­vind en vir on­der­vra­ging in­ge­neem.

“Hy is ge­vra wie sy v­rien­de is wat saam met hom in die klub was. Sy mans­vrien­de is toe ge­kon­tak en hul­le al­mal het na die po­li­sie ge­gaan,” lui die ver­kla­ring.

Pat­her was glo die naas­te aan die be­skry­wing van die skie­ter wat die po­li­sie ge­had het. Hy is in heg­te­nis ge­neem.

“Voor die borg­to­gaan­soek was daar ’n uit­ken­nings­pa­ra­de. Die be­skul­dig­de is nié uit­ge­wys nie, maar wel ’n an­der per­soon,” lui Pat­her se ver­kla­ring.

Pat­her het aan­ge­dui dat hy skuld op die aan­klag sal ont­ken.

Die ver­rig­tin­ge is tot Ju­nie uit­ge­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.