Leeus is s­tro­pers se teiken, meen te­lers na­dat ses al ver­gif is

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Leeu­telers meen hul die­re is tei­kens vir s­tro­pers. En so­dra hul­le hul die­re be­hoor­lik ag­ter e­lek­trie­se draad be­skerm het, gaan s­tro­pers hul vi­sier op wil­de leeus stel.

’n Wit leeu­man­ne­tjie is Vry­dag­og­gend by Lep­ha­la­le (El­lis­ras) ver­gif. Dit is die ses­de half- mak leeu wat die af­ge­lo­pe vyf maan­de ver­gif en vir sy lig­gaams­de­le ver­mink is.

Car­la van der Vy­ver, uit­voe­ren­de hoof van die Roof­dier­te­lers­ver­e­ni­ging, sê die s­tro­pers het hul­le mis­gis met die hoe­veel­heid al­di­karb (Te­mik) wat no­dig sou wees om die leeu­man­ne­tjie dood te maak. “Hy is nie gou dood nie. Dit het lank ge- duur. Toe moes hul­le hom skiet.”

Chris­to Go­mes, ei­e­naar van die plaas na­by S­tock­poort, waar die leeu­man­ne­tjie dood­ge­skiet en die wy­fie ver­gif is, sê hy het die sko­te ge­hoor. Go­mes het al­bei leeus in aan­hou­ding ge­teel.

Die s­tro­pers het nie kans ge­had om die wy­fie ook te ver­mink nie om­dat Go­mes hul­le by- na op he­ter­daad be­trap het.

Van der Vy­ver sê leeu­telers meen hul­le is s­tro­pers se vol­gen­de teiken en be­rei hul­le voor op ’n aan­slag.

“Leeu­telers is tot dus­ver die wreed­heid van stro­pe­ry ge­spaar. Hul­le is nou ver­al be­kom­merd dat wil­de leeus ook ge­tei­ken gaan word.”

Vol­gens haar is dit baie mak- li­ker om half­mak leeus te be­skerm deur die hok­ke vei­li­ger te maak.

“As die s­tro­pers dan nie by die die­re kan uit­kom nie, sal hul­le hul se­ker­lik na wil­de leeus wend.”

Sy sê dit is merk­waar­dig dat ’n leeu in aan­hou­ding vir die eer­ste keer in De­sem­ber ver­le­de jaar ge­stroop is, kort na­dat die A­me­ri­kaan­se een­heid vir vis en wild­le­we be­sluit het leeus is nou ’n be­dreig­de spe­sie.

“Die be­sluit het on­se­ker­heid in die mark ver­oor­saak, ver­al met die ver­wag­ting dat min­der A­me­ri­kaan­se jag­ters nou leeus in Suid-A­fri­ka sal kom jag.”

Voor­heen is die he­le leeu­kar­kas ge­bruik en jag­ters het lig­gaams­de­le van leeus vir moe­tie aan die tra­di­si­o­ne­le mark be­skik­baar ge­stel.

Min­der daar­van is nou be­skik­baar, maar die vraag is steeds daar, sê Van der Vy­ver.

Sy meen die re­ge­ring be­hoort boe­re aan te moe­dig en te on­der­steun om leeus te teel. As g’n leeus in aan­hou­ding ge­teel word nie, sal hul­le bin­ne­kort uit­sterf, sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.