‘Gru­wel­huis’: Kin­ders se ge­tui­e­nis uit­ge­stel

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Die 13-ja­ri­ge seun wat in die S­prings-gru­wel­huis­saak teen sy ou­ers gaan ge­tuig, is in ’n sleg­te e­mo­si­o­ne­le toe­stand, het die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria gis­ter ge­hoor.

Die seun en sy sus­ter (18) sou gis­ter hul ge­tui­e­nis ná 11:30 be­gin le­wer het.

Die staat het ge­sê dit is nie in die kin­ders se be­lang as hul­le die mid­dag moet ge­tuig wan­neer hul­le “sla­pe­rig” en moeg is nie.

Reg­ter E­ben Jor­daan het in­ge­stem dat hul­le van­dag 09:30 be­gin ge­tuig.

Die seun en sy sus­ter se ou­ers word aan­ge­kla van ver­skeie mis­da­de, waar­on­der kin­der­mis- han­de­ling en -ver­waar­lo­sing.

Die vyf kin­ders in die ge­sin is in Mei 2014 uit die huis ver­wy­der.

Die twee oud­stes le­wer hul ge­tui­e­nis ag­ter ge­slo­te deu­re om­dat hul­le glo vrees­be­van­ge vir hul ou­ers is.

Hul ge­tui­e­nis gaan op ’n TV­skerm in die hof­saal ver­toon word, maar die pu­bliek sal nie kan kyk nie.

’n Tus­sen­gan­ger sal die vrae wat aan die seun ge­stel word aan hom ver­dui­de­lik.

Vol­gens adv. Jen­ni­fer Cron­je, aan­kla­er, is die seun in ’n swak e­mo­si­o­ne­le toe­stand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.