Moord­ver­dag­te skiet po­li­sie­be­amp­te dood

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

’n K­waZu­lu-Na­tal­se po­li­sie­lid is dood­ge­skiet deur die ver­dag­te waar­na hy op soek was.

Ao. Ja­bu­la­ni Di­di (54) en sy kol­le­ga het Maan­dag­aand pa­trol­lie­werk in Um­la­zi ge­doen toe hul­le van ’n moord in ken­nis ge­stel is.

Zi­me­le N­za­ma (38), ’n vei­lig­heids­wag, was in Um­la­zi se U-sek­sie aan diens toe hy om­streeks 18:50 dood­ge­skiet is.

Die moor­de­naar het van die to­neel ge­vlug en die ge­meen­skap het die po­li­sie on­mid­del­lik laat weet.

Die twee po­li­sie­le­de het die ver­dag­te by die I­si­pin­go P­ri­ma­ry S­chool op­ge­merk. Hy het op hul­le los­ge­brand.

Vol­gens maj. T­hu­la­ni Z­wa­ne, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, is Di­di ge­tref en op slag dood. Die moor­de­naar is steeds op vrye voet.

Di­di word oor­leef deur sy vrou, ook ’n po­li­sie­lid.

Genl.maj. B­he­kin­ko­si Lan­ga, waar­ne­men­de pro­vin­si­a­le kom­mis­sa­ris, het die moord op po­li­sie­le­de ten sterk­ste ver­oor­deel.

“Ek wil my mee­ge­voel oor­dra aan die ge­sin, v­rien­de en kol­le­gas van ao. Di­di, wat Maan­dag­aand in die uit­voe­ring van sy plig­te dood­ge­skiet is.”

Lan­ga sê die Val­ke on­der­soek die voor­val.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.