Die Heu­wels gee ant­woord Doer On­der

Beeld - - Nuus - – Ro­zan­ne Els

Die Heu­wels Fan­tas­ties is op pad na die land van kan­ga­roes.

Maar dis da­rem net vir ’n mu­siek­toer. Die vier­tal het nie plan­ne om van die kant­lyn af vir daai span met die geel rug­by­truie te skree nie.

Soos an­der plaas­li­ke kuns­te­naars, on­der wie Bok van B­lerk, Do­zi, PJ Po­wers en Ma­nu­el Escor­cio ja­re ge­le­de, ver­trek die groep eers­daags op ’n mu­siek­toer na Aus­tra­lië en Nieu-See­land.

Die groep be­staan uit Pier­re G­reeff, Fo­kof­po­li­sie­kar se Hun­ter Ken­ne­dy, F­red den Har­tog en T­hie­ve se S­hel­don Yo­ko.

Hul­le is van­jaar weer vir ’n Sa­ma vir die bes­te al­ter­na­tie­we al­bum be­noem, maar om­dat hul toer op 3 Ju­nie be­gin, gaan hul­le die toe­ken­ning mis­loop.

Die Heu­wels het in 2010 die Sa­ma vir die bes­te A­fri­kaan­se al­ter­na­tie­we al­bum ge­wen.

G­reeff sê in ’n ver­kla­ring hul­le sien ver­al uit daar­na om mu­siek te maak vir die Suid-A­fri­ka­ners Doer On­der wat “min A­fri­kaan­se mu­siek li­ve sien”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.