Vu­wa­ni: Nóg ’n skool brand

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Nóg ’n skool is eer­gis­ter in die Vu­wa­ni-streek, Lim­po­po, af­ge­brand.

Die brand by die Ma­we­la P­ri­ma­ry S­chool in die Se­re­ne-ne­der­set­ting in Hlan­ga­na­ni is om­streeks 17:00 ge­stig, het kol. Ronél Ot­to, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, ge­sê. Re­ke­naars, boe­ke en ko­pi­eer­ma­sjie­ne is ver­woes.

In­tus­sen kan die re­ge­ring nie sê wan­neer leer­lin­ge in die streek sal kan te­rug­keer skool toe nie.

Des van Rooy­en, mi­nis­ter van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke, het gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê die re­ge­ring het 76 mo­bie­le klas­ka­mers by ses diens­ver­skaf­fers teen R22,4 mil­joen aan­ge­koop.

42 van die mo­bie­le klas­ka­mers is al by sko­le af­ge­le­wer wat in die bran­de ver­woes is. Die mo­bie­le klas­ka­mers staan leeg, want leer­lin­ge en on­der­wy­sers is te bang om te­rug te gaan skool toe. Hul­le word deur boos­wig­te met die dood ge­dreig as hul­le sou skool toe gaan. 2 600 gr. 12-leer­lin­ge gaan nie tans skool nie.

Ma­ko­ma Mak­hu­ru­pe­tje, LUR vir sa­me­wer­ken­de re­ge­ring, tra­di­si­o­ne­le sa­ke en mens­li­ke ne­der­set­tings in Lim­po­po, het ge­sê daar is ’n “mis­da­di­ge e­le­ment” be­trok­ke by die brand­stig­ting.

Ge­weld het in Vu­wa­ni uit­ge­breek om­dat in­wo­ners nie deel van ’n voor­ge­stel­de nu­we mu­ni­si­pa­li­teit saam met Ma­la­mu­le­le wil word nie.

Die re­ge­ring het nou die hulp van va­der S­man­ga­li­so Mk­hatshwa, voor­ma­li­ge bur­ge­mees­ter van Tshwa­ne en ’n Rooms-Ka­to­lie­ke pries­ter, in­ge­roep om die si­tu­a­sie te be­red­der. “Die re­ge­ring kan die si­tu­a­sie in Vu­wa­ni nie al­leen op­los nie. Al­mal se hulp is no­dig en ek pleit by in­wo­ners om vre­de te her­stel vir Ma­di­ba, ver­al om­dat dit am­per Ju­lie is wan­neer ons sy ver­jaar­dag ge­denk.”

Prof. Ma­ry Me­t­calfe, ’n do­sent aan Wits en voor­ma­li­ge LUR vir on­der­wys in Gau­teng, is deel van die taak­span wat sa­me­spre­kings met ge­meen­skaps­lei­ers, tra­di­si­o­ne­le lei­ers, sa­ke­lei­ers en in­wo­ners sal voer. Die taak­span was dit eens dat daar geen tyds­raam­werk ge­stel kan word teen wan­neer die pro­ble­me in Vu­wa­ni op­ge­los sal wees nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.