VUT o­pen van­dag weer sy deu­re ná ver­woes­ting op kam­pus

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Die Vaal-U­ni­ver­si­teit van Teg­no­lo­gie (VUT) o­pen sy deu­re weer van­dag na­dat hy die af­ge­lo­pe twee we­ke ge­sluit was weens on­lus­te.

Stu­den­te het op 11 Mei ver­skeie kan­to­re en die re­ke­naar­sen­trum met meer as 100 re­ke­naars daar­in af­ge­brand.

Mi­ke K­hu­bo­ni, u­ni­ver­si­teits- woord­voer­der, het gis­ter ge­sê stu­den­te keer nou na die kos­hui­se te­rug. “Ons het van­og­gend die deu­re van die kos­hui­se oop­ge­sluit.”

Hy sê die be­stuur van die VUT en stu­den­te-or­ga­ni­sa­sies het Son­dag ’n ver­ga­de­ring ge­hou waar­op een­pa­rig be­sluit is die a­ka­de­mie­se jaar moet voort­gaan.

A­ka­de­mie­se per­so­neel het reeds ver­le­de week na die kam­pus te­rug­ge­keer.

Vol­gens K­hu­bo­ni is die stu­den­te on­der meer on­te­vre­de oor die pri­va­te vei­lig­heids­diens op die kam­pus. Die stu­den­te het op 10 Mei ’n me­mo­ran­dum met 20 ei­se aan die be­stuur oor­han­dig, maar die vol­gen­de dag het van die op­sto­kers die ge­boue af­ge­brand.

Dit is nog on­se­ker wat die ska­de aan die ge­boue is. “Die as­ses­sors sal moont­lik Dins­dag vir ons ’n aan­dui­ding kan gee.”

Die ge­boue sal ge­sloop moet word, sê K­hu­bo­ni.

Vol­gens hom was die mees­te van dié ter­si­ê­re in­stel­ling se so­wat 18 000 stu­den­te nie be­trok­ke by die pro­tes­op­tre­de nie en wou hul­le ook nie ge­had het dat die VUT ge­sluit moet word nie.

“Vir hul vei­lig­heid, as­ook vir die vei­lig­heid van die per­so­neel, was die VUT ge­nood­saak om te sluit.”

Twee stu­den­te is op vei­lig-heids­ka­me­ras ge­ï­den­ti­fi­seer as die­ge­ne wat moont­lik die pro­tes­op­tre­de ge­lei en die ge­boue aan die brand ge­steek het.

Dié stu­den­te is ge­skors en ’n straf­reg­te­li­ke on­der­soek teen hul­le is steeds aan die gang.

K­hu­bo­ni sê die be­stuur sal van­dag weer met stu­den­te­lei­ers ver­ga­der om deur die lys van grie­we te werk.

Daar is met die stu­den­te oor­een­ge­kom dat die win­te­rek­sa­men op 3 Ju­nie sal be­gin. ’n A­ka­de­mie­se her­stel­plan is saam­ge­stel en sal van van­dag af ge­volg word om die si­tu­a­sie op die kam­pus te sta­bi­li­seer.

Ons het van­og­gend die deu­re van die kos­hui­se oop­ge­sluit. — MI­KE K­HU­BO­NI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.