‘Staat stuur nie sterk ge­noeg bood­skap’

Beeld - - Nuus - – P­hil­da Es­sop

Nog nooit is by­kans 30 sko­le in ’n week in die land ver­nie­tig nie en hy is nie daar­van oor­tuig dat die staat ’n sterk bood­skap uit­stuur dat daar ge­vol­ge vir sul­ke op­tre­de sal wees nie, sê Mat­han­zi­ma M­we­li, di­rek­teur­ge­ne­raal van ba­sie­se on­der­wys.

Hy en an­der amp­te­na­re het gis­ter ’n vor­de­rings­ver­slag oor die toe­stan­de in die Vu­wa­ni­streek in Lim­po­po aan die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor ba­sie­se on­der­wys ge­le­wer. LP’s wou weet hoe teen die skul­di­ges op­ge­tree sal word. Een het ge­sê ge­meen­skap­pe moet weet as hul­le ei­en­dom be­ska­dig, sal dit nie da­de­lik her­stel word nie.

102 sko­le in die pro­vin­sie is deur die van­da­lis­me ge­raak en 27 af­ge­brand.

M­we­li sê voor­sie­ning vir op­tre­de kan selfs ge­maak word in wet­ge­wing oor ba­sie­se on­der­wys wat tans ge­skryf word. Daar moet wets­toe­pas­sing wees, maar die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing en ge­meen­skap­pe moet ook o­pen­ba­re ei­en­dom be­skerm. Daar word by­na daag­liks met be­lang­heb­ben­des in die ge­meen­skap ver­ga­der om pro­ble­me te pro­beer op­los.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.