Ont­hou die ge­stor­we­nes, vra E­mi­ly jr.

‘Om SA toe te kom, is ’n moet’

Beeld - - Nuus - El­sje Wal­deck

Na­dat sy deur die Vry­staat­se kon­sen­tra­sie­kam­pe en be­graaf­pla­se ge­stap en ge­sien het hoe­veel men­se in die Ang­lo-Boe­re­oor­log (ABO) dood is, kan E­mi­ly Hobhouse haar ver­een­sel­wig met dit wat die A­fri­ka­ners des­tyds deur­ge­maak het.

“By die krans­leg­ging Sa­ter­dag (by die Vrou­e­mo­nu­ment in Bloem­fon­tein) het ek ’n ver­bin­te­nis met die A­fri­ka­ner ge­voel. Maar van­dag (Maan­dag) kon ek my ver­een­sel­wig met dít waar­deur hul­le is,” sê sy.

E­mi­ly se groot-groot­tan­te is die ge­lyk­na­mi­ge hel­din wat in die ABO baie vir die Boe­re ge­doen het.

By S­pring­fon­tein was sy ver­stom oor hoe­veel men­se in daar­die kon­sen­tra­sie­kamp dood is.

“Daar is so baie na­me. En dis maar net een van die kam­pe.”

Toe ao. Ma­lu­pi Jo­sef Mot­so­ko­bi van die plaas­li­ke po­li­sie hoor wie die blon­de­kop is wat in sy dorp kui­er, was daar geen keer aan sy op­ge­won­den­heid nie.

“Jy is fa­mi­lie van dié E­mi­ly Hobhouse. Hier is ’n straat na jou ge­noem,” het hy ge­sê ter­wyl hy haar som­mer om­hels het. “Wat ’n voor­reg om jou te ont­moet!”

Selfs Vin­cent Ban­go, wat sy le­we lank in S­pring­fon­tein woon, kon sy oë en ore nie glo nie. “E­mi­ly Hobhouse was ’n won­der­li­ke vrou. Sy was ’n baie goeie mens.” Hul re­ak­sie het E­mi­ly ver­ras. “Dis al­tyd in­te­res­sant om te sien hoe goed men­se hier weet wie sy was en uit te vind wat­ter in­vloed sy op men­se ge­had het,” sê sy.

Oor wat haar eer­ste woor­de aan haar fa­mi­lie gaan wees wan­neer sy te­rug in Bath, En­ge­land, is, sê sy om Suid-A­fri­ka toe te kom, is ’n moet.

“Om haar na­la­ten­skap te ver­staan en die ge­skie­de­nis te ver­staan, is be­lang­rik. En dit ge­beur net wan­neer jy self kom kyk. In En­ge­land sal jy dit nooit sien nie.

“Dit is be­lang­rik om self by van die kon­sen­tra­sie­kam­pe te kon wees en te kon sien wie en hoe­veel men­se in die oor­log dood is.

“Die dooi­es moet ver­eer word. Om te sien waar­deur hul­le is en hoe swaar hul­le ge­kry het . . . Dit is be­lang­rik dat men­se ont­hou word.”

Fo­to: EL­SJE WAL­DECK

E­mi­ly Hobhouse kyk na die na­me van men­se wat in die S­pring­fon­tein­kon­sen­tra­sie­kamp dood is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.