Tal­le men­se kom help soek na S­noe­kie

Beeld - - Nuus - Re­tha Fou­rie

S­noe­kie, ’n Jack Rus­sell-te­fie, kan geen kat of suur­le­moen in haar woon­kom­pleks, Cas­til­le Vil­la in Hen­nops­park, Cen­tu­ri­on, met rus laat nie.

Dit is juis ’n vlug­ten­de kat wat haar in ’n storm­wa­ter­pyp ge­lei het waar­uit span­ne men­se haar pro­beer red het.

C­har­mai­ne Cron­jé sê sy en haar S­noe­kie het eer­gis­ter om­streeks 16:00 gaan stap. “Ek het haar lei­band af­ge­haal so­dat ek vir haar ’n bal kon gooi. Maar toe sien sy ’n kat . . . ”

Toe sy weer sien, ver­dwyn ’n swart-en-wit streep in die storm­wa­ter­pyp langs die spruit in, met S­noe­kie ag­ter­na.

“Ek het ge­roep en ge­roep en toe sy nie re­a­geer nie, het ek al­mal ge­bel wat ek kon dink sou kom help soek.”

Al­mal het ge­roep en ge­soek: vei­lig­heids­wag­te in die straat, nood­diens­wer­kers, Ber­tus My­burgh van Cop­wa­tch en Pe­ter Sut­ton, die DA-wyks­raads­lid wat die me­tro ge­ska­kel het.

Dit het don­ker ge­word en Hen­tie du Toit en sy dog­ter, Me­lin­da, van die­self­de kom­pleks as Cron­jé het flit­se gaan haal om ver­der te soek. Toe daag Sam Let­so­ko, se­ni­or dry­wer van die Tshwa­ne-me­tro se de­par­te­ment van paaie en storm­wa­ter, met sy span van twee op.

“Die men­se het ons ge­wys waar sy in is, maar ons kon haar nie sien nie.

“Ons het haar ge­hoor en lank ge­soek. Ons het om­ge­ry na die an­der punt van die pyp en toe van daai kant af ge­roep. Ek het ge­sien die vrou wor­rie baie en al­mal het plan­ne ge­maak oor wat ons kan doen,” ver­tel hy.

Dit is toe dat Pe­ter Mat­se­ke, een van Let­so­ko se span­le­de, in die pyp klim en be­gin aan­kruip tot­dat hy S­noe­kie ge­waar.

Cron­jé het aan­hou roep ter­wyl Mat­se­ke ag­ter­uit ge­skuif het en tel­kens ge­wag het tot­dat S­noe­kie na­der kom voor­dat hy weer te­rug­skuif. S­noe­kie het 20:15 uit die pyp ge­kom – vol mod­der en met ’n paar krap­mer­ke waar die kat haar by­ge­kom het.

“Ek kan nie ge­noeg dan­kie sê vir al­mal se hulp nie. Ek sal nou maar ’n groot ge­noeg plek moet soek waar ek haar kan gaan laat hard­loop – ’n plek son­der kat­te,” sê Cron­jé.

S­noe­kie die Jack Rus­sell­ter­ri­ër wat in ’n storm­wa­ter­pyp in Cen­tu­ri­on be­land het en in ’n groot­se red­dings­po­ging daar­uit be­vry is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.