SA wéér in goue klas in Lon­den

Beeld - - Nuus - Su­zaan Pot­gie­ter

Kaap­stad. – Suid-A­fri­ka het gis­ter vir die 34ste keer ’n goue me­dal­je op die C­hel­se­a­blom­me­skou in Lon­den ge­wen.

Die te­ma van die Kir­sten­bosch Bo­ta­nie­se Tuin en die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Bi­o­di­ver­si­teits­in­sti­tuut (San­bi) se uit­stal­ling is “Ha­rold Por­ter Bo­ta­nie­se Tuin – ’n poort na die Ko­gel­berg-bi­o­sfeer­re­ser­vaat”.

Die Ha­rold Por­ter-tuin in Bet­tys­baai word as een van die mees voor­aan­staan­de tui­ne ter wê­reld ge­ag en het meer as 700 plant­spe­sies.

Suid-A­fri­ka neem van­jaar vir die 41ste keer aan die blom­me­skou deel en Da­vid Da­vid­son en Ray­mond Hud­son het die uit­stal­ling vir die 22ste keer saam­ge­stel.

Kir­sten­bosch sê die uit­stal­ling kry so­wat 150 000 be­soe­kers op die vyf dae van die blom­me­skou.

Die ont­werp word maan­de voor die tyd be­plan en el­ke plant word ver­sig­tig ver­pak vir die reis na En­ge­land.

Die na­week voor die be­oor­de­ling word die uit­stal­ling per­fek ge­maak so­dat dit goed ge­noeg is vir die ko­nin­gin. Sy be­soek die blom­me­skou na­dat die be­oor­de­laars hul be­slis­sings ge­maak het.

Ta­nya A­bra­ham­se, San­bi se uit­voe­ren­de hoof, sê die span het ver­skil­len­de as­pek­te van die land se ryk, u­nie­ke bi­o­di­ver­si­teit ten toon ge­stel.

Be­soe­kers kyk na die uit­stal­ling van die Kir­sten­bosch Bo­ta­nie­se Tuin en die Suid­A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Bi­o­di­ver­si­teits­in­sti­tuut (San­bi) op die C­hel­sea­blom­me­skou in Lon­den. Suid­A­fri­ka het met dié uit­stal­ling vir die 34ste keer ’n goue me­dal­je ge­wen. .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.