Li­ly­myn: Be­leg­ger sal dit dán oor­neem

Beeld - - Nuus - – Buks Vil­joen

As die Li­ly-myn sy oor­hoof­se kos­te sny, sal ’n be­leg­ger be­reid wees om die myn, wat na­by Bar­ber­ton ge­leë is en weens ’n grond­stor­ting ge­sluit is, oor te neem.

So sê Gi­de­on du P­les­sis, hoof­se­kre­ta­ris van So­li­da­ri­teit, na­dat dié vak­bond glo be­trou­ba­re in­lig­ting be­kom het.

Die Li­ly-myn is op 5 Fe­bru­a­rie ge­sluit ná drie groot in­stor­tings bin­ne en­ke­le dae wat pro­duk­sie tot stil­stand ge­bring het.

Drie wer­kers in ’n vrag­hou­er is deur ton­ne grond en rots toe­ge­val en is nog nie ge­vind nie.

Die myn het twee maan­de ge­le­de on­ver­wags om sa­ke­red­ding aan­soek ge­doen en Rob De­ver­eux van S­tra­te­gic Tur­na­round So­lu­ti­ons (S­turns) is aan­ge­stel om die be­heer van die myn, wat aan die Aus­tra­lie­se maat­skap­py Van­ta­ge Gold­fields be­hoort, oor te neem. Dit sluit in om nu­we be­leg­gers te soek.

S­turns het vroe­ër be­kend ge­maak dat vry­wil­li­ge uit­diens­stel­lings­pak­ket­te aan wer­kers aan­ge­bied word.

Daar is eg­ter tans nie geld om dié pak­ket­te uit te be­taal nie.

Die voor­lo­pi­ge aan­bod is Vry­dag aan die twee be­trok­ke vak­bon­de, So­li­da­ri­teit en A­m­cu, ge­gee.

Du P­les­sis sê So­li­da­ri­teit het die voor­lo­pi­ge aan­bod reeds van die hand ge­wys.

“Daar is ver­skeie klou­su­les wat nie oor­een­stem met waar­oor aan­vank­lik oor­een­ge­kom is nie. Wet­lik is daar ook te­kort­ko­min­ge.”

Vol­gens Du P­les­sis ver­moed hul­le dat een van die moont­li­ke be­leg­gers eers wil hê die oor­hoof­se kos­te moet ver­laag word.

De­ver­eux ont­ken dit en sê hy sal dié as­pek on­der die loep neem wan­neer dit no­dig raak.

“Ons het geen ver­bor­ge a­gen­da nie.”

Hy wou ook nie sê wie die be­leg­gers is met wie hy on­der­han­del nie “om­dat dit in ’n baie sen­si­tie­we sta­di­um is”.

Hy het ge­sê geen te­rug­voe­ring is nog van A­m­cu oor die aan­bod ont­vang nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.