Sorg só dat gei­ser die win­ter oor­leef

Beeld - - Nuus - – Al­za­ne Nar­rain

Met die win­ter by­na hier, is die kans so­veel gro­ter dat jou gei­ser die gees kan gee.

Tal­le ei­se word in die win­ter in­ge­dien vir wa­ter­ska­de weens fou­tie­we gei­sers, sê Bud­get In­su­ran­ce.

Die ver­se­ke­raar vra huis­ei­e­naars om ’n bie­tjie ek­stra aan­dag aan hul gei­sers te gee so­dat dit die win­ter­koue kan oor­leef.

Gra­ham Craggs, woord­voer­der van die maat­skap­py, sê gei­sers het ge­woon­lik ’n le­wens­duur van vyf jaar en dit roes met­ter­tyd.

Ken­ners stel voor dat ’n lood­gie­ter gei­sers el­ke drie jaar ver­sien. Die lood­gie­ter moet die gei­ser drei­neer en die a­no­de, e­le­ment en ter­mo­staat na­gaan, kalk en slyk ver­wy­der en die he­le stel­sel vir lek­plek­ke toets.

Plaas ’n drup­bak on­der die gei­ser so­dat die uit­laat­pyp die mees­te van die wa­ter weg­voer in­dien die gei­ser bars.

Dit help wa­ter­ska­de aan mat­te, mu­re en an­der huis­hou­de­li­ke ar­ti­kels be­perk, sê Bud­get in ’n ver­kla­ring.

Maak se­ker die ter­mo­staat is nie te hoog ge­stel nie. Die aan­be­vo­le tem­pe­ra­tuur is 60 ° C.

Plaas ’n spe­si­a­le kom­bers oor die gei­ser om hit­te­ver­lies te ver­min­der.

Dit sal die krag­ver­bruik en dus die huis­hou­ding se e­lek­tri­si­teits­re­ke­ning la­er hou.

’n Mens moet die gei­ser van tyd tot tyd af­ska­kel, ver­al wan­neer die vraag na krag groot is, maar moet dit nie heel­te­mal koud laat word nie om­dat by­ko­men­de in­krim­ping en uit­set­ting die le­wens­duur van die gei­ser sal ver­kort en meer krag no­dig sal wees om die wa­ter weer warm te maak.

’n Mens moet op die uit­kyk wees vir die vroeë te­kens dat die gei­ser on­klaar raak. As die wa­ter uit die gei­ser nie meer so warm is nie, die wa­ter­druk ver­swak, meer wa­ter of stoom by die warm­wa­ter-oor­loop­pyp op die dak uit­lek, daar ’n vreem­de ge­gons, ge­sis of kraak­ge­lui­de is of as jy nat kol­le na­by die gei­ser op­merk, kan ’n ka­ta­stro­fe wag en moet jy die gei­ser da­de­lik laat na­gaan.

As die gei­ser bars, moet ’n mens die krag on­mid­del­lik by die hoof­ska­ke­laar af­ska­kel, die wa­ter­toe­voer by die stop­kraan toe­draai en ’n lood­gie­ter en die ver­se­ke­raar bel, sê Bud­get.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.