Die par­le­ment dees­dae ‘nes 7de Laan’

Beeld - - Nuus - A­li­ces­ti­ne Oc­to­ber L­le­wel­lyn P­rin­ce.

Kaap­stad. – Die par­le­men­tê­re ka­naal het vol­gens se­ke­re LP’s se be­re­ke­nin­ge reeds meer ky­kers as 7de Laan.

LP’s het gis­ter ge­de­bat­teer oor hoe die beeld van die par­le­ment her­stel kan word, maar ook dié de­bat het ont­aard in die soort si­tu­a­sie waar­oor hul­le ge­kla het.

Ja­mes Sel­fe, DA-LP, het die par­le­ment ver­ge­lyk met ’n ko­mie­se o­pe­ra en toe “’n on­gu­re werk­lik­heids­reeks wat ’n ou­der­doms­perk moet hê”.

Sel­fe het vin­ger ge­wys na die EFF oor hul “op­roe­ri­ge ge­drag” en die voor­sit­ten­de be­amp­tes oor hul swak han­te­ring van sit­tings.

Die de­bat het eg­ter nie veel nuuts op­ge­le­wer nie.

Mny­a­me­ze­li Booi, ANC-LP, het aan­ge­voer dat die DA “se­dert M­mu­si Mai­ma­ne lei­er ge­word het, ag­ter­uit­ge­gaan het”.

Booi het o­ën­skyn­lik ook ’n hou in­ge­kry na Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er: “Lei­ers van op­po­si­sie­par­tye woon nie par­le­ment­sit­tings by nie, maar kom net wan­neer die pre­si­dent hier is om cha­os te skep.”

Die EFF is steeds ge­skors na­dat die par­le­ment se vei­lig­heids­wag­te hul­le ver­le­de week uit die raad­saal ge­boen­der het.

Dr. Cor­né Mul­der, VF Plus-hoof­sweep, het die skuld vir die cha­os op die EFF en die ANC ge­pak. Hy meen dit is tyd dat die EFFLP’s die ge­vol­ge van hul ge­drag aan hul beur­sie voel en voor­ge­stel dat die LP’s ’n deel van hul sa­la­ris in­boet wan­neer hul­le sit­tings ont­wrig.

) Die DA het gis­ter uit die her­sie­nings­pro­ses vir par­le­men­tê­re re­ëls ge­stap na­dat die ANC sy voor­stel af­ge­skiet het oor on­voor­be­rei­de vrae aan die pre­si­dent en mi­nis­ters, be­rig

“Mon­de­lin­ge vrae son­der ken­nis­ge­wing sal be­te­ken dat mi­nis­ters op die plek oor on­lang­se en op­val­len­de ge­beu­re uit­ge­vra kan word, ge­reeld in die par­le­ment sal wees en meer sal weet van wat in hul por­te­feul­je aan­gaan,” het Mi­ke Wa­ters, die DA se ad­junk­hoof­sweep, ge­sê.

Die par­ty wil die nu­we re­ëls be­twis wan­neer dit in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring ter ta­fel ge­lê word.

Le­de se ver­kla­rings en mo­sies is ’n be­lang­ri­ke as­pek van sit­tings. LP’s kan dan kri­tie­ke kwes­sies op­per, het hy ge­sê.

“Die ANC se aan­drang dat dit na die ein­de van die dag se sa­ke ge­skuif word, laat die be­lang­rik­heid af­neem en sal ver­se­ker dat mi­nis­ters en LP’s net sit­tings vir de­bat­te en mon­de­lin­ge vrae by­woon. Die DA het die her­in­stel­ling van mon­de­lin­ge vrae son­der ken­nis­ge­wing voor­ge­stel in ’n po­ging om die for­maat te ver­nu­we,” het Wa­ters ge­sê.

Ri­chard M­da­ka­ne, voor­sit­ter van die re­ëls­ko­mi­tee, was nie gis­ter­mid­dag vir kom­men­taar be­skik­baar nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.