Po­li­sie, EFF­le­de by Pa­rys slaags

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

Pa­rys. – Die po­li­sie en EFF-le­de het gis­ter bui­te die dorp slaags ge­raak en die po­li­sie­le­de is vol­gens oog­ge­tui­es selfs met klip­pe en bot­tels be­stook.

Vol­gens le­de van die ge­meen­skap en in­lig­ting op ’n W­hat­sApp-groep en Fa­ce­book het die span­ning eer­gis­ter in die dorp se twee towns­hips, Tu­ma­ho­le en S­chon­ken­vil­le, be­gin op­bou.

EFF-le­de het mu­ni­si­pa­le grond wat vir huis­ves­ting be­stem is, in er­we be­gin af­merk en ’n amp­te­naar van die Ng­wat­he-mu­ni­si­pa­li­teit het ’n klag van be­tre­ding teen die be­set­ters in­ge­dien.

Gis­ter­og­gend het ’n groep van die EFF weer op­ge­daag en vir hul­le er­we op grond tus­sen die towns­hips be­gin skoon skof­fel.

Die po­li­sie se een­heid vir o­pen­ba­re or­de het met die lei­ers van die EFF-on­der­steu­ners on­der­han­del en hul­le ge­vra om hul on­wet­ti­ge op­tre­de te staak. Die groep se lei­ers het ge­wei­er om hul on­wet­ti­ge op­tre­de te staak, waar­na die po­li­sie se een­heid vir o­pen­ba­re or­de ne­ge in heg­te­nis ge­neem het.

Die res van die groep be­set­ters het die po­li­sie­le­de met klip­pe en bot­tels be­stook en die po­li­sie het met traan­gas en rub­ber­koe­ëls op hul­le los­ge­brand. Die groep het toe die win­kel van ’n bui­te­lan­der in S­chon­ken­vil­le ge­plun­der en ge­dreig om nog bui­te­lan­ders se win­kels te ta­kel. Bui­te­lan­ders in die ge­bied het hul on­der­ne­mings ge­sluit.

Die ne­ge EFF-lei­ers sal bin­ne­kort in die hof op die dorp op aan­klag­te van be­tre­ding ver­skyn.

) Die EFF in die ge­bied het ook ’n ul­ti­ma­tum ge­stel aan die kon­trak­teurs wat die pad tus­sen V­re­de­fort en Pa­rys her­stel.

Die EFF be­weer die pad­bou­ers neem net le­de van die ANC in diens en eis dat sy le­de ook aan­ge­stel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.