Plaas­wer­ker be­seer, perd dood in trek­ker­bot­sing

Beeld - - Nuus - – Han­ti Ot­to

’n Plaas­wer­ker van Del­mas, M­pu­ma­lan­ga, is gis­ter laat­og­gend erns­tig be­seer en sy perd dood in ’n bot­sing met ’n trek­ker.

Die 21-ja­ri­ge rui­ter moes per he­li­kop­ter na ’n P­re­to­ri­a­se hos­pi­taal ge­bring word, sê Athlen­da Mat­he, woord­voer­der van die Ne­t­ca­re 911-nood­diens.

Hy het been-, bek­ken- en la­e­rug­be­se­rings, as­ook skaaf­plek­ke aan die ge­sig op­ge­doen.

Die be­se­rings is deur die trek­ker en die val van die perd af ver­oor­saak, sê Mat­he.

Hy was in ’n erns­ti­ge, maar sta­bie­le toe­stand toe die pa­ra­me­di­ci op­ge­daag het.

Die perd is op die to­neel dood. Hy het blyk­baar “net daar in­me­kaar­ge­sak”.

Die trek­ker­be­stuur­der is on­ge­deerd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.