Ei­e­naar én man wat per­de tref na­la­tig

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Man wat twee per­de dood­ge­ry het, het 35% tot die on­ge­luk by­ge­dra. Die vrou wie se per­de op die pad ge­loop het, het 65% tot die bot­sing by­ge­dra.

Ja­c­ques Mul­ler en Nel van Brug­ge het ho­fei­se teen me­kaar in­ge­stel – Mul­ler vir die ska­de aan sy dub­bel­ka­juit-Ma­z­da D­rif­ter en Van Brug­ge vir haar per­de. Sy wil ook ver­goed word vir haar skok en trau­ma weens haar ver­lies.

Die bot­sing was op 13 Maart 2012 om­streeks 22:00 so­wat 6 km bui­te Ca­ro­li­na in M­pu­ma­lan­ga, op die teer­pad na Won­der­fon­tein. Dit was op ’n af­draand waar die spoed­perk 120 km/h is.

Die per­de het oor ’n plat stuk hei­ning “ont­snap” van die plaas Boes­manspruit deel 1, wat Van Brug­ge ge­huur het.

Mul­ler het dié aand van Ca­ro­li­na ge­ry om ie­mand te help wat mo­tor­pro­ble­me langs die pad ge­had het. Die bot­sing het op sy pad te­rug ge­beur. Sy bak­kie­lig­te kon tot 100 m ver be­lig en hy het 110 km/h ge­ry.

Toe hy die per­de sien, was daar vyf of ses. Hul­le was oor die breed­te van die pad. Hy het ge­rem en uit­ge­swaai, maar twee ge­tref. Een van die per­de het oor die bak­kie ge­trek en op die BMW wat ag­ter Mul­ler ge­ry het, ge­val.

Lui­dens die uit­spraak het Van Brug­ge so­wat ’n week voor die on­ge­luk laas die deel waar die hei­ning is, na­ge­gaan. ’n Hei­ning langs ’n o­pen­ba­re pad moet doel­tref­fend wees. Van Brug­ge was na­la­tig om­dat die hei­ning nie be­hoor­lik in stand ge­hou is nie.

Mul­ler was ook na­la­tig, want hy het nie be­hoor­lik uit­ge­kyk nie ter­wyl hy weet dit is ’n plaas­ge­bied waar die­re moont­lik oor die pad kan loop. Hy moes sta­di­ger ge­ry het om­dat hy net tot 100 m ver kon sien, is be­vind.

Die ge­ding om die om­vang van die par­tye se ska­de te be­paal moet nog plaas­vind. Hul eis­be­drae is nie be­kend nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.