Bill Cos­by weer in hof op seks­klag

Beeld - - Wêreld­beeld -

Nor­ristown (Penn­sil­va­nië). – Die ko­me­di­ant Bill Cos­by was gis­ter weer in die hof na­dat sy pro­ku­reurs nie daar­in kon slaag om ’n aan­klag van sek­su­e­le aan­ran­ding teen hom uit­ge­gooi te kry nie.

Cos­by (78) het ver­by tien­tal­le TV-nuus­ka­me­ras na die hof­saal ge­stap.

Voor­dat ’n golf van be­we­rings oor sek­su­e­le aan­ran­ding hom ge­tref het, was Cos­by een die mees ge­lief­de A­me­ri­kaan­se ver­maak­kuns­te­naars.

Die ver­hoor sou gis­ter fo­kus op die e­nig­ste be­we­ring wat tot ’n straf­reg­te­li­ke klag teen hom ge­lei het: dat hy And­rea Con­stand, ’n voor­ma­li­ge bas­ket­bal­af­rig­ter aan die Tem­ple-U­ni­ver­si­teit, ’n dwelm in­ge­gee en haar sek­su­eel aan­ge­rand het.

Cos­by ont­ken dit en sê sy het in­ge­stem tot sek­su­e­le om­gang.

Fo­to: AP

Cos­by

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.