‘SA’ners kan van van­dag vir hul­self be­gin werk’

Beeld - - Sake - – Niel Jou­bert

Jo­han­nes­burg. – Suid­A­fri­ka­ners kan van­dag “be­las­ting­vry­heids­dag” vier. Dit is die dag van die jaar waar­op men­se as’t wa­re op­hou om vir die staat te werk om be­las­ting te be­taal en be­gin om geld vir hul­self en hul ge­sin te ver­dien, sê die Vry­e­mark­stig­ting.

Van­jaar is be­las­ting­vry­heids­dag is vyf dae la­ter as in 2015. In 1994 was dié dag boon­op vyf we­ke vroeer as van­jaar. Vol­gens die stig­ting sal die nei­ging waar­skyn­lik voort­duur om­dat staats­be­ste­ding ’n al hoe gro­ter per­sen­ta­sie van men­se se ver­dien­ste in die vorm van be­las­ting vat.

Vol­gens in­ter­na­si­o­na­le stan­daar­ de is Suid­A­fri­ka se staats­be­ste­ding baie hoog en in die swak­ste 17% van lan­de wê­reld­wyd vir die land se vlak van ont­wik­ke­ling.

“Nog er­ger is dat ons re­ge­ring se be­ste­ding teen so ’n vin­ni­ge pas groei dat hy ons be­las­ting al hoe meer vir ver­bruiks­be­ste­ding in­span.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.