Toyo­ta laat wiel met plaas­li­ke be­leg­ging

Beeld - - Sake nuus - Han­lie S­tad­ler

Kaap­stad. – Toyo­ta het meer as R6,1 mil­jard be­lê vir die ver­vaar­di­ging van die nu­we For­tu­ners en Hi­lux’e in sy Pro­spec­ton-fa­briek in Dur­ban.

Toyo­ta sê van die R6,1 mil­jard het sy ver­skaf­fers R1,9 mil­jard be­lê. Al­te­saam 2 000 nu­we pos­te is ge­skep, waar­van 557 in Toyo­ta se eie pro­duk­sie­ket­ting.

Wan­neer die pro­jek vol­gen­de maand sy vol­le pro­duk­sie­ver­moë be­reik, sal 550 For­tu­ners en Hi­lux’e per dag ver­vaar­dig word. Die twee voer­tuie word op die­self­de plat­form ge­bou.

Andrew Ki­r­by, uit­voe­ren­de hoof van Toyo­ta Suid-A­fri­ka, sê: “Dié aan­kon­di­ging ge­tuig van ’n maat­skap­py wat sterk ver­bind is tot Suid-A­fri­ka deur stra­te­gies in die men­se, ge­reed­skap en toe­rus­ting te be­lê om mo­tors en han­dels­voer­tuie van wê­reld­ge­hal­te te ver­vaar­dig – nie net vir die plaas­li­ke mark nie, maar ook op die in­ter­na­si­o­na­le ver­hoog met ’n ro­buus­te uit­voer­plan.”

Al­te­saam vyf Toyo­ta-mo­del­le, wat die Corol­la, Corol­la Qu­est en Qu­an­tum in­sluit, word nou in ge­heel in Suid-A­fri­ka saam­ge­stel, en en­ke­le Hi­no- en Dy­n­a­mo­del­le word deels hier ge­bou.

Dr. Jo­han van Zyl, voor­sit­ter van Toyo­ta Suid-A­fri­ka, sê hoe­wel die mo­tor­be­dryf se­dert 1994 ste­wig ge­groei het, ver­vaar­dig Suid-A­fri­ka min­der as 1% van die 90 mil­joen voer­tuie wat jaar­liks wê­reld­wyd ver­vaar­dig word.

“Ons móét me­de­din­gend bly, nie net wat lo­ne en pro­duk­ti­wi­teit be­tref nie, maar ook wat ar­beidsta­bi­li­teit be­tref. Ek kan nie ge­noeg be­klem­toon hoe be­lang­rik ge­sprek­voe­ring is nie. Dis nood­saak­lik dat dis­pu­te op­ge­los word as die eer­ste en e­nig­ste li­nie van ver­de­di­ging, eer­der as dat oor­ge­gaan word tot sta­kings.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.