Kos­te on­der skoot

Vleis­in­voer­ders voer om­stre­de veld­tog

Beeld - - Sake nuus - Vi­da Booy­sen

Suid-A­fri­kaan­se ver­brui­kers word in ’n om­stre­de nu­we ad­ver­ten­sie­veld­tog wys­ge­maak dat die plaas­li­ke hoen­der­be­dryf se vrees vir goed­koop in­ge­voer­de hoen­der gaan ver­oor­saak dat die prys die hoog­te in­skiet.

Vol­gens Da­vid Wol­pert, uit­voe­ren­de hoof van die ver­e­ni­ging van vleis­in­voer­ders en -uit­voer­ders (A­mie), is dié lig­gaam se veld­tog daar­op ge­mik om ’n teen­stor­tings­ta­rief van 37% te keer wat die Suid-A­fri­kaan­se pluim­vee­ver­e­ni­ging (Sa­pa) aan­ge­vra het op hoen­der­stuk­ke aan die been wat van die Eu­ro­pe­se U­nie (EU) af in­ge­voer word.

Wol­pert sê dié stap sal ver­oor­saak dat die prys van in­di­vi­du­e­le por­sies snel­be­vro­re hoen­der die hoog­te in skiet.

“Dit is juis hier­die soort hoen­der wat die mees­te deur die arm­ste Suid-A­fri­kaan­se ver­brui­kers ge­koop word.”

Die veld­tog word op re­kla­me­bor­de, in die ge­druk­te me­dia en in ’n om­stre­de vi­deo op so­si­a­le me­dia ge­voer.

Die vi­deo wys hoe ’n pak van 2 kg hoen­der­stuk­ke wat oor die ko­le ge­roos­ter word al hoe min­der word, ter­wyl die on­der­skrif­te sug­ge­reer dat die plaas­li­ke hoen­der­be­dryf die re­ge­ring vra om die prys vir ver­brui­kers op te stoot.

Die prys van be­vro­re hoen­der­stuk­ke het nie ge­styg nie, sê Ke­vin Lo­vell, uit­voe­ren­de hoof van Sa­pa.

“Daar is ’n pro­bleem met die wy­se waar­op Sta­tis­tie­ke SuidA­fri­ka die prys be­re­ken. (SSA sê pry­se hét ge­styg.)

“Ons pro­beer nog ag­ter die kap van die byl kom, maar on­lang­se na­vor­sing wat die prys van win­kels se spe­si­a­le aan­bie­dings op 2 kg-pak­ke be­vo­re hoen­der mo­ni­tor, dui daar­op dat plaas­li­ke be­vro­re hoen­der­stuk­ke nog nie duur­der ge­word het nie.”

Wol­pert wys daar­op dat Suid-A­fri­ka en die EU in 2004 ’n oor­een­koms be­reik het oor han­del, ont­wik­ke­ling en sa­me­wer­king.

Dis dank­sy hier­die oor­een­koms dat hoen­der Suid-A­fri­ka se­dert 2012 ta­rief­vry uit die EU bin­ne­kom.

“Dís wat hier­die pro­duk­te se pry­se tot dus­ver vir ver­brui­kers be­kos­tig­baar ge­maak het, maar Sa­pa het in Fe­bru­a­rie via die Suid-A­fri­kaan­se kom- mis­sie vir in­ter­na­si­o­na­le han­dels­ad­mi­nis­tra­sie (I­tac) be­sker­ming ge­vra wat op ’n in­voer­ta­rief van 37% op hoen­der aan die been uit die EU neer­kom.”

Die re­kla­me­veld­tog wil ook I­tac aan­moe­dig om die be­sker­ming van plaas­li­ke land­bou­pro­duk­te deur in­voer­ta­rie­we stop te sit, sê Wol­pert.

Lo­vell sê dis nie waar dat die plaas­li­ke be­dryf be­sker­ming teen mark­te soos die EU be­no­dig om­dat sy sa­ke­prak­ty­ke on­doel­tref­fend is nie.

“In­dien die pro­duk­sie­kos­te van heel hoen­ders deur SuidA­fri­kaan­se en Eu­ro­pe­se pro­du­sen­te ver­ge­lyk word, soos wat die Bu­ro vir Voed­sel en Land­bou­be­leid (BFAP) on­langs in ’n stu­die ge­doen het, is ons steeds goed­ko­per as e­ni­ge EU-prys­vlak, maar hul­le voer nie heel hoen­der uit nie, hul­le voer die oor­skiet­stuk­ke hier­heen uit wat hul­le nie daar ver­koop kry nie en ver­koop dit hier teen oor­skiet­pry­se.”

Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Be­vro­re hoen­der­stuk­ke is een van Suid­A­fri­ka se ge­wild­ste en goed­koop­ste vorms van pro­te­ïen. Maar nou sê die ver­e­ni­ging van vleis­in­voer­ders en ­uit­voer­ders (A­mie) dat ver­brui­kers meer vir die lek­ker­ny sal moet op­dok weens die plaas­li­ke pluim­vee­be­dryf se druk om ’n ta­rief op in­ge­voer­de hoen­der­stuk­ke ge­plaas te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.