Ne­t­ca­re be­vries pos­te; vak­bon­de maak kap­sie

Beeld - - Sake nuus - Han­lie S­tad­ler

Die Ne­t­ca­re-hos­pi­taal­groep gaan vol­gens So­li­da­ri­teit sy kre­diet­be­heer­af­de­ling sen­tra­li­seer.

Die pro­ses gaan in fa­ses van nou tot Ju­nie 2017 ge­beur. In die eer­ste fa­se sal die kre­diet­be­heer­af­de­ling van ses Gau­teng­se hos­pi­ta­le – Gar­den Ci­ty, P­re­to­ria-Oos, O­li­ve­da­le, Pi­ne­ha­ven, Ro­se­bank en Wa­ter­fall Ci­ty – saam­smelt en op een plek ge­se­tel wees.

So­li­da­ri­teit sê daar is nog geen dui­de­lik­heid oor hoe­veel men­se ge­raak gaan word nie.

Jo­han Bo­tha, ad­junk­hoof­se­kre­ta­ris van die pro­fes­si­o­ne­le be­dryf by So­li­da­ri­teit, sê Ne­t­ca­re het in die skry­we aan vak­bon­de on­der meer die heer­sen­de e­ko­no­mie­se kli­maat as re­de vir die sen­tra­li­se­ring aan­ge­voer.

“Die maat­skap­py het aan­ge­dui dat hy sy ad­mi­nis­tra­tie­we en on­der­steu­nings­per­so­neel­struk­tuur wil her­sien om die du­pli­se­ring van funk­sies uit te ska­kel.”

Bo­tha sê se­ke­re “nie-kern­funk­sies” gaan moont­lik uit­ge­kon­trak­teer word. Pos­te in se­ke­re pos­vlak­ke (C3) is be­vries, maar sluit nie ver­pleeg­pos­te in nie.

Ne­t­ca­re het reeds sy drie on­der­steu­nings­kan­to­re in Auck­land Park, Cen­tu­ri­on en Sand­ton in een kan­toor ver­e­nig.

“So­li­da­ri­teit en drie an­der vak­bon­de, Hosper­sa, De­no­sa en Ne­ha­wu, het reeds een­pa­rig be­sluit om die jong­ste sen­tra­li­se­rings­pro­ses teen te staan. As vak­bond is ons be­kom­merd die sen­tra­li­se­ring van die kre­diet­be­heer­af­de­ling sal la­ter ook na an­der af­de­lings oor­spoel,” sê Bo­tha.

Hy sê dit blyk uit Ne­t­ca­re se jong­ste half­jaar­re­sul­ta­te dat die maat­skap­py nie in ’n geld­nood ver­keer nie. “Daar­om sal ons dit in die on­der­han­de­lin­ge ons eer­ste pri­o­ri­teit maak om te ver­hoed dat van ons le­de af­ge­lê word.”

Ne­t­ca­re se in­kom­ste het in die half­jaar tot ein­de Maart met 15% tot R18,8 mil­jard ge­styg, het die groep op 16 Mei be­rig, maar dit kan min­stens deels aan die sterk B­rit­se pond teen­oor die rand toe­ge­skryf word. Ne­t­ca­re het ook hos­pi­ta­le in B­rit­tan­je. Om die­self­de re­de, as­ook dank­sy ’n la­er be­las­ting­koers in B­rit­tan­je, het die groep se na­be­las­te wins met 21% tot R1,3 mil­jard ge­styg.

In Suid-A­fri­ka het sy in­kom­ste met 8,5% tot R9 mil­jard ge­styg, maar sy be­dryfs­wins het am­per on­ver­an­derd op R1,6 mil­jard ge­bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.