Uit­voer van S­wit­ser­se hor­lo­sies daal

Beeld - - Sake nuus - Han­lie S­tad­ler en Bloom­berg

Kaap­stad. – Die waar­de van uit­ge­voer­de S­wit­ser­se hor­lo­sies het vir die twee­de maand ag­ter­een­vol­gens met dub­bel­sy­fers ge­val. S­wit­ser­land se doe­a­ne­kan­toor sê hor­lo­sie-uit­voer het op ’n jaar­grond­slag met 11% ge­daal. As dit aan­ge­pas word vir die aan­tal werk­dae is die da­ling 15%.

Uit­voer daal nou al tien maan­de ag­ter­een­vol­gens, maar ’n dub­bel­sy­fer­da­ling is min­der al­ge­meen. In Maart het uit­voer met 16% ge­val. Uit­voer na C­hi­na het met 36% ge­val.

Die groot­ste re­de vir die da­ling is om­dat min­der ü­ber­duur­hor­lo­sies van 3 000 frank (na­ge- noeg R48 000) of duur­der uit­ge­voer is, sê die fe­de­ra­sie vir die S­wit­ser­se hor­lo­sie­be­dryf.

Ri­che­mont, wat on­der meer die hor­lo­sie­ma­kers Car­tier, Bau­me et Mer­cier, IWC, Ja­e­ger-LeCoul­t­re en Pi­a­get be­sit, het pas be­rig sy ver­ko­pe het in A­pril met 18% ge­val. Die maat­skap­py, wat on­der meer in Z­ü­rich en op die JSE ge­no­teer is, het die af­ge­lo­pe jaar ’n der­de van sy waar­de ver­loor. Jo­hann Ru­pert, die Suid-A­fri­kaan­se sa­ke­man wat die voor­sit­ter en ’n groot aan­deel­hou­er van Ri­che­mont is, twy­fel of e­ni­ge be­te­ke­nis­vol­le ver­be­te­ring in die af­sien­ba­re toe­koms in die han­dels­toe­stan­de ver­wag kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.