Pyn kom nog

Ho­ër kos­pry­se op pad

Beeld - - Sake Nuus - Vi­da Booy­sen

Bloem­fon­tein. – Tiger Brands kyk nou vo­ren­toe ná sy Dan­go­te-nag­mer­rie, maar erns­ti­ge kos­te­druk, die droog­te en ver­brui­kers se plat beur­sies be­sorg dié voed­sel­reus steeds sla­pe­lo­se nag­te.

Tiger Brands, die land se voor­ste voed­sel­ver­vaar­di­ger, se ver­dien­ste het in die half­jaar tot ein­de Maart met 14% ge­styg – on­der­skraag deur die ver­koop van sy Ni­ge­rie­se be­leg­ging in Dan­go­te Flour Mills (DFM).

Tiger Brands het in 2012 die rys-, pas­ta- en meel­ver­vaar­di­ger DFM vir by­na R1,6 mil­jard by A­li­ko Dan­go­te, die ryk­ste man in A­fri­ka, ge­koop. Die maat­skap­py het ho­pe­loos te veel vir die Ni­ge­rie­se on­der­ne­ming be­taal en ná drie jaar van ver­lie­se moes hy hand­doek in­gooi en 65,7% van sy be­lang teen ’n reu­se­ver­lies ver­koop.

Tiger Brands, met be­ken­de han­dels­na­me soos All Gold­ta­ma­tie­sous, Tas­tic-rys en Jungle Oats in sy stal, se to­ta­le ver­ko­pe het met 9% toe­ge­neem tot R12,9 mil­jard.

Sy we­sens­ver­dien­ste per aan­deel, in­slui­tend be­dry­wig­he­de wat ge­staak is, het van 852,9c ’n jaar ge­le­de tot 974,6c toe­ge­neem. As die Dan­go­te-tran­sak­sie uit­ge­sluit word, het sy we­sens­ver­dien­ste geen noe­mens­waar­di­ge groei ge­toon nie.

In­fla­sie­druk, die droog­te en trae e­ko­no­mie­se groei sal na ver­wag­ting die vraag na sy pro­duk­te strem, het Noel Doy­le, Tiger Brands se be­dryfs­hoof, in ’n aan­bie­ding aan aan­deel­hou­ers ge­sê. “Die in­fla­sie­koers in Tiger se mand­jie pro­duk­te is 8% en ons glo nie dit sal in die res van die jaar min­der word nie, trou­ens, ons ver­wag méér druk op ons be­dryfs­mar­ges om­dat ons nie el­ke kos­te­ver­ho­ging aan die ver­brui­ker kan deur­gee nie.” Hy waar­sku ook dat die ne­ga­tie­we uit­wer­king van die droog­te en die swak rand op voed­sel­pry­se nog glad nie tot op die win­kel­rak deur­ge­werk het nie.

“Die moei­li­ke tyd vir ver­brui­kers kom waar­skyn­lik eers teen Ju­lie of Au­gus­tus, wan­neer hier­die kos­te­sty­gings gaan be­gin deur­kom.”

Hy sê die voor­uit­sig vir die oor­bly­wen­de helf­te van die boek­jaar bly uit­da­gend – bin­ne Suid-A­fri­ka so­wel as in sy mark­te in A­fri­ka waar da­len­de groei in die ma­kro­e­ko­no­mie­se om­ge­wing ver­brui­kers on­der gro­ter druk sal plaas.

Die mees­te van Tiger Brands se uit­voer­mark­te in A­fri­ka is ge­tref deur die de­va­lu­a­sie van geld­een­he­de en te­kor­te aan bui­te­land­se va­lu­ta. Van die groep se af­set­ge­bie­de is in Mo­sam­biek, Ni­ge­rië en Zim­bab­we. Dis ver­al Mo­sam­biek wat tans swaar trek, hoe­wel goeie ver­ko­pe in Oos-A­fri­ka weer daar­voor ver­goed het.

Die groep se nu­we uit­voe­ren­de hoof, La­wren­ce Ma­cDou­gall, het op die aan­bie­ding ge­sê die groep se han­dels­na­me bly ge­wild o­ral in die wê­reld waar hy sa­ke doen en die groep sny nie te­rug aan be­mar­kings­be­ste­ding nie, wat in die af­ge­lo­pe ses maan­de met 36% tot R173 mil­joen ge­styg het.

“Ons fo­kus nou is om ons mark­aan­deel in ’n ui­ters me­de­din­gen­de mark te be­hou eer­der as om kort­ter­myn­wins te be­haal.”

’n Tus­sen­tyd­se di­vi­dend van 363c per aan­deel is ver­klaar.

Tiger Brands is die ver­vaar­di­ger van die i­ko­nie­se Black Cat­grond­boon­tjie­bot­ter. Vol­gens La­wren­ce Ma­cDou­gall, nu­we uit­voe­ren­de hoof, ge­niet die groep se han­dels­na­me groot ge­wild­heid o­ral in die wê­reld waar hy sa­ke doen.

Noel Doy­le

La­wren­ce Ma­cDou­gall

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.