MeerKAT tuur na die ver­re heel­al

Tal­le ster­re­stel­sels is al ge­sien

Beeld - - Sake Nuus - El­sa­bé B­rits

Die MeerKAT-ra­di­o­te­le­skoop het sy heel eer­ste toets­waar­ne­mings ge­doen en reeds tal­le on­be­ken­de ster­re­stel­sels op­ge­spoor.

Dít is een van die groot­ste myl­pa­le tot nog toe van die S­qua­re Ki­lo­me­t­re Ar­ray-pro­jek (SKA) in Suid-A­fri­ka.

Hoe­wel dit nog nie die eer­ste amp­te­li­ke we­ten­skap­li­ke beeld – wat as “eer­ste lig” be­kend sal staan – was nie, is vier van die skot­te­l­an­ten­nas ge­bruik om in die ver­re heel­al na ra­di­o­sei­ne te soek.

Dit het 50 on­be­ken­de ver­re ster­re­stel­sels in ’n be­trek­lik klein ge­bied op­ge­spoor.

Daar is reeds 22 van die MeerKAT se uit­ein­de­li­ke 64 an­ten­nas op die SKA-ter­rein in die Ka­roo op­ge­rig. Hier­van sal 16 teen ein­de Ju­nie ge­ïn­te­greer wees so­dat we­ten­skap­li­ke waar­ne­mings ge- doen kan word ter­wyl die res van die bou­werk voort­gaan.

Prof. Jus­tin Jo­nas, me­de­di­rek­teur van we­ten­skap en in­ge­ni­eurs­we­se van die SKA, sê die toets­re­sul­taat is van groot be­lang.

“Die beeld en al­les wat daar­ag­ter is, bou ons ver­troue dat hier­die baie kom­plek­se pro­jek die suk­ses sal wees waar­voor ons die af­ge­lo­pe tien jaar be­plan het.”

’n In­ter­na­si­o­na­le we­ten­skap­li­ke werk­se­mi­naar word tans in Suid-A­fri­ka aan­ge­bied om te be­plan wat­ter we­ten­skap­li­ke ont­le­ding met die MeerKAT ge­doen sal word.

Dr. Fer­nan­do Ca­mi­lo, die SKA se hoof­we­ten­skap­li­ke, sê met net vier skot­te­l­an­ten­nas is daar na 0,01% van die ruimte ge­kyk en 50 nu­we ster­re­stel­sels is raak­ge­sien.

“Dink net wat ’n mens met 64 an­ten­nas kan raak­sien.”

Vol­gens dr. Rob A­dam, di- rek­teur van SKA-Suid-A­fri­ka, is dit ’n be­wys van die werk wat hon­der­de men­se meer as tien jaar lank oor die wê­reld heen ge­doen het. Die te­le­skoop sal teen ein­de 2017 vol­tooi wees om we­ten­skap­li­ke waar­ne­mings te doen. Daar­na sal bou­werk aan die eer­ste fa­se van die SKA be­gin.

Die be­weeg­ba­re deel van el­ke an­ten­na weeg 25 t en word deur GD/Sa­t­com ge­bou.

Die a­lu­mi­ni­um­pa­ne­le en die staal­raam­werk wat dit steun, as­ook die voet­stuk­ke van 19 t waar­op al­les staan, word in Jo­han­nes­burg en P­re­to­ria ge­bou en met vrag­mo­tors na die ter­rein ver­voer.

Die pa­ne­le, waar­van el­ke an­ten­na 40 het, moet ak­ku­raat tot 0,3 mm van me­kaar ge­plaas word. In­dien nie, sal ’n ver­wron­ge beeld ont­vang word. Dit moet dus baie fyn in­ge­stel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.