‘Pas nu­we trei­ne soos kin­ders op’

Beeld - - Sake Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Baie men­se wat Gautrein wil ry, maar dit nie kan be­kos­tig nie, sal bin­ne­kort die­self­de er­va­ring kan kry met die nu­we trei­ne van die Pas­sa­sier­spoor­a­gent­skap van Suid-A­fri­ka (Pra­sa).

Met dié woor­de het Di­puo Pe­ters, mi­nis­ter van ver­voer, die spog­trei­ne gis­ter aan men­se van At­te­rid­ge­vil­le en Kala­fong wes van P­re­to­ria be­kend ge­stel.

Die trei­ne sal in Ok­to­ber in ge­bruik ge­neem word.

Vol­gens die mi­nis­ter is 20 van die trei­ne van Bra­si­lië af op pad en 580 sal in ’n fa­briek in E­kur­hu­le­ni ge­bou word.

Die mi­nis­ter het saam met amp­te­na­re van Gi­be­la, die maat­skap­py wat die trei­ne ge­bou het, Pra­sa-in­ge­ni­eurs en -amp­te­na­re en le­de van die me­dia op die toets­trein ge­ry.

Die trein het twee keer stil­ge­hou vir toe­spra­ke.

Pe­ters het ge­praat oor die land se kos­ba­re bron­ne wat die laas­te tyd aan die brand ge­steek word. “Die trein is jul kind. Jul­le kan haar ’n naam gee as jul­le wil. Maar om­dat dit jul kind is, is dit ook jul ver­ant­woor­de­lik­heid om dit te ver­sorg en be­skerm. As ons ge­meen­skap­pe hul eie bron­ne ver­nie­tig deur ’n trein aan die brand te steek om­dat dit vyf mi­nu­te laat is, moet die re­ge­ring geld uit die be­gro­ting vir hui­se, sko­le en toe­la­es haal om nu­we trei­ne te koop en bou. Ons kan nie so aan­gaan nie.”

Su­besh Pil­lay, Tshwa­ne-bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling, het ge­sê die nu­we trei­ne is baie goed vir die stad se ont­wik­ke­ling.

“Ons sien uit na ’n stad en ’n land met ’n pro­bleem­vrye, en­kel­kaart-ver­voer­stel­sel.”

Die trei­ne het lug­ver­sor­ging en CCTV-ka­me­ras wat sal kan help met mis­daad­voor­ko­ming en -be­heer.

Die fa­briek wat die 580 trei­ne gaan bou, gaan so­wat 1 500 per­ma­nen­te werk­ne­mers hê. Meer as 60% van hul­le gaan van Suid-A­fri­ka wees.

19 500 men­se sal op­lei­ding ont­vang, het Pra­sa in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Pe­ters het ge­sê die pro­gram het R59 mil­jard ge­kos.

Fo­to: THAPELO MAPHAKELA

Een van die nu­we Pra­sa­trei­ne is gis­ter op die spo­re ge­toets.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.