‘Raads­lid sê ons mag hier woon,’ sê Ham­mans­kraal­men­se

Beeld - - Sake Nuus - – News24

In­wo­ners van Ham­mans­kraal sê hul­le be­set nié grond nie.

’n Lid van die ge­meen­skap het gis­ter ge­sê ’n plaas­li­ke raads­lid het aan hul­le ge­sê hul­le kan in die ge­bied woon ter­wyl hul­le op diens­te wag.

“Jy moet be­gryp dat uit­brei­ding 3 deur die Tshwa­ne-me­tro goed­ge­keur is. Daar is be­groot daar­voor,” het For­tu­ne Ma­ta­ba­ne aan ver­slag­ge­wers in Ham­mans­kraal ge­sê.

“Daar is dus geen re­de vir die uit­set­ting nie.”

Vol­gens hom het die raads­lid op die ra­dio en op ver­ga­de­rings ge­sê dat die men­se daar kan woon en dat diens­te la­ter voor­sien sal word.

“Hul­le het dus nie som­mer net be­sluit om hier te woon nie. Die plek word nie be­set nie. Die raads­lid en me­tro-amp­te­na­re het vir hul­le ge­sê hul­le mag hier woon.”

Ma­ta­ba­ne het ge­sê hul­le is ge­skok dat die Rooi­mie­re na die ge­bied ge­stuur is. Die Rooi­mie­re het Maan­dag be­gin om on­wet­ti­ge struk­tu­re daar af te breek na­dat die Tshwa­ne-me­tro­raad ’n hof­be­vel be­kom het.

Dit het tot ge­weld­da­di­ge pro­tes aan­lei­ding ge­gee waar­in paaie met klip­pe en bran­den­de bui­te­ban­de ver­sper is. Mo­tors is aan die brand ge­steek en die Rooi­mie­re is met klip­pe en pe­trol­bom­me be­stook. Twee van hul­le is Maan­dag dood.

Die towns­hip was gis­ter in swart rook ge­hul en in­wo­ners het op die mees­te van die straat- hoe­ke ge­staan. Hul­le sê hul­le sal net die ge­weld staak as Da­vid Mak­hu­ra, Gau­teng­se pre­mier, of K­go­sient­so Ra­mokg­o­pa, bur­ge­mees­ter van Tshwa­ne, met hul­le kom praat.

Een van die in­wo­ners het die joer­na­lis Mo­lo­ko Mo­lo­to van Po­werFM met ’n vuur­wa­pen ge­dreig en die me­dia van die to­neel waar in­wo­ners be­toog, pro­beer weg­jaag.

Be­to­gers sê die me­dia “pla” hul­le en dat hul­le joer­na­lis­te sal aan­rand as hul­le nie pad­gee nie.

S­kool­kin­ders in die ge­bied stap nou nood­ge­dwon­ge skool toe om­dat mo­tors en taxi’s by Har­ry G­wa­la­laan weg­ge­wys word.

Kapt. T­se­ki­so Mofo­keng, po­li­sie­woord­voer­der in Gau­teng, sê vyf men­se is Maan­dag in heg­te­nis ge­neem. Hul­le is van o­pen­ba­re ge­weld en saak­be­ska­di­ging aan­ge­kla.

In­wo­ners sê hul­le sal aan­hou met ge­weld­da­di­ge pro­tes teen hul uit­set­ting in Se­kam­pa­neng, ’n towns­hip in Ham­mans­kraal.

Vol­gens Ma­ta­ba­ne het die ge­meen­skap gis­ter­og­gend ver­ga­der en in­wo­ners, as­ook die po­li­sie, is tot kalm­te ge­maan. “Nie­mand moet goed aan die brand steek en paaie ver­sper nie. Nie­mand be­hoort ei­en­dom te ver­niel en wets­toe­pas­sers en die me­dia aan te val nie,” het Ma­ta­ba­ne ge­sê.

“Ons wil ook die po­li­sie vra om kalm te bly, om nie ge­weld te ge­bruik nie en nie ons men­se te ver­jaag nie. Die ma­nier waar­op die po­li­sie in ons ge­meen­skap in­kom, al­les breek en op men­se skiet, help nie­mand nie.”

Vol­gens hom wag hul­le nou op te­rug­voe­ring van die me­tro en amp­te­na­re. “Gee vir ons ’n op­los­sing. Moe­nie soos Maan­dag net hier uit die niet uit op­daag en men­se met rub­ber­koe­ëls be­gin skiet nie.”

Fo­to: NELIUS RADEMAN

For­tu­ne Ma­ta­ba­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.