DA het min ver­troue in kan­di­daat, sê pre­mier

Beeld - - Sake Nuus - Clau­di Mai­lo­vich

DA-le­de het nie veel ver­troue in Her­man Mas­ha­ba, hul bur­ge­mees­ter­skan­di­daat in Jo­han­nes­burg, sê Da­vid Mak­hu­ra, pre­mier van Gau­teng.

Selfs DA-le­de het glo vir hom ge­sê dit gaan moei­lik wees om Jo­han­nes­burg by die ANC af te vat om­dat Parks Tau, die bur­ge­mees­ter, die stad goed re­geer, het Mak­hu­ra Maan­dag­aand in Jo­han­nes­burg ge­sê.

Daar is glo vir hom ge­sê Mas­ha­ba kan nie eens die kou­kus be­stuur nie.

“Vra vir M­mu­si Mai­ma­ne (DA-lei­er). Dit is nie so mak­lik soos om Black Li­ke Me (Mas­ha­ba se maat­skap­py) te be­stuur nie. Ek dink nie Mas­ha­ba se groot­ste uit­da­ging is die ANC nie, maar eer­der om die DA­kou­kus te be­stuur,” het Mak­hu­ra on­der groot ge­lag van ANC­be­roeps­lui en a­ka­de­mi­ci ge­sê.

Hy het deel­ge­neem aan ’n ge­sprek oor ra­di­ka­le maat­skap­li­k­e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie in die Jo­burg-te­a­ter. Mak­hu­ra het ge­sê as die ste­de in Gau­teng deur die DA en die EFF ge­re­geer word, sal swart be­roeps­lui te­rug­gaan towns­hips toe.

Die stad kan nie aan die “jong men­se” van die EFF toe­ver­trou word nie, want hul­le sal “al­les ver­niel”.

“Ons (die ANC) kort hier­die ste­de. Dit is nie plek­ke vir kans­vat­ters nie.”

Van­jaar is die stryd in die aan­loop tot die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing fel.

Tshwa­ne en Jo­han­nes­burg is twee van die me­tro’s waar die moont­lik­heid be­staan dat die ANC se steun tot on­der 50% sal val.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.