Boes­man & Le­na na he­den­daag­se kon­teks ver­plaas

Beeld - - Kuns en vermaak - Tot Sa­ter­dag

Boes­man and Le­na is een van die merk­waar­dig­ste te­a­ter­stuk­ke wat tot dus­ver deur ’n Suid-A­fri­kaan­se dra­ma­turg ge­skep is.

Dit ver­tel die sto­rie van twee arm­sa­li­ge rand­fi­gu­re wat weens die po­li­tie­ke si­tu­a­sie van die tyd rond­swerf om te oor­leef.

As kleur­lin­ge van die OosKaap vind Boes­man en Le­na dat hul nê­rens in­pas nie. Wit men­se breek hul­le hui­se af, en swart men­se is te an­ders vir hul smaak. So leef hul­le voort tot­dat Ou­ta, ’n ou, on­ver­staan­ba­re swart man die ver­hoog be­tree.

P­ha­la Oo­ke­dit­se P­ha­la, die re­gis­seur, ver­plaas die oor­spronk­li­ke teks na die he­den­daag­se kon­teks. Die fo­kus op “an­ders­heid” in die teks is re­le­vant, on­ge­ag Boes­man en Le­na se ras. Daar­om word dié twee hier as arm­sa­li­ge swart swer­wers uit­ge­beeld, en Ou­ta word as ’n K­hoi­san­man ge­sien.

Vir Fu­gard-lief­heb­bers kan die ver­an­de­ring aan dié klas­sie­ke teks as on­no­dig en af­bre­kend ge­sien word, ver­al aan­ge­sien Fu­gard se fyn taal­ge­bruik in ’n groot ma­te ver­lo­re gaan in P­ha­la ver­wer­king.

On­danks die kon­teks­tu­e­le ver­an­de­rin­ge is die fo­kus van die teks steeds op on­der­druk­king tus­sen men­se en deur mag­heb­bers.

Die on­der­druk­king lei tot ui­ter­ste ar­moe­de en daar­om tot ge­stroop­te ka­rak­ters wat veg om oor­le­wing.

P­ha­la en sy ge­sel­skap se deur­set­tings­ver­moë is dui­de­lik te sien in die wy­se waar­op hul­le die on­moont­li­ke oor­win het om die teks op die ver­hoog te kry. Drie dae voor o­pe­nings­aand is La­lu Mo­ku­ku (Le­na) weens siek­te op­ge­neem in die hos­pi­taal. Mot­lat­ji Di­to­di het dus slegs die na­week ge­had om die rol van Le­na on­der die knie te kry.

E­nig­een wat die teks ken, weet dat Le­na dik­wels deur Boes­man aan­ge­spreek word om­dat sy nie kan op­hou praat nie. Die ak­tri­se het dus baie woor­de ge­had om in twee dae te leer. Daar­om speel sy met ’n teks op die ver­hoog.

Hoe­wel sy met tye die e­mo­si­o­ne­le en psi­gie­se diep­te van die ka­rak­ter baie ge­slaagd oor­dra, word dit ge­reeld be­lem- mer deur die teks in haar hand. Geen­een sou kon sê dat sy nie die bes­te ge­doen het met die tyd tot haar be­skik­king nie, maar die on­ge­luk­ki­ge om­stan­dig­he­de be­na­deel wel die pro­duk­sie.

Die stel is sim­bo­lies van aard. Die ak­teurs dra ’n e­nor­me stuk lap saam met hul­le op die ver­hoog. Die lap word as ag­ter­grond ge­bruik. Dit lyk soos ’n e­nor­me lap­pies­kom­bers wat uit ou vuil kle­re aan­me­kaar ge­stik is.

Dit sluit aan by die teks, aan­ge­sien Boes­man hul le­we as “rub­bish” be­skryf. Die i­dee van rom­mel is te­ma­ties van ui­ter­ste be­lang.

Die mag­heb­bers het in die a­part­heids­ja­re hul bes ge­doen om ont­slae te raak van al­mal wat nie aan hul ver­eis­te vir ’n sui­wer Suid-A­fri­ka vol­doen nie. Boes­man en Le­na is deel van die rom­mel wat weg­ge­gooi is in die sui­we­rings­pro­ses.

Die pro­ses het nou net ’n an­der naam: Rassisme word ver­vang met klas­sis­me, ar­mes word deur die ry­kes weg­ge­gooi, en men­se word on­ge­luk­kig steeds ge­sien as rom­mel.

Dié siens­wy­se is so oud soos die mens­dom self en daar­om sal Boes­man and Le­na al­tyd as ak­tu­eel ge­sien kan word. )

Fo­to: JAN POT­GIE­TER

Le­bo­hang Mo­taung, La­lu Mo­ku­ku en Le­bo­gang In­no in Boes­man and Le­na, wat tot Sa­ter­dag op die plan­ke is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.