S­torm na op­tre­de vir Han­ru se nu­we al­bum

Beeld - - Kuns en vermaak - Daar is ’n be­kend­stel­ling van K­reef­te­gang op 8 Ju­nie in die Blah Blah Bar (in Kloof­straat, Kaap­stad). Be­spreek by 082 349 8849. Luis­ter na die al­bum by https://soun­d­cloud.com/ hanru­nie­mand/tracks.

As jy ooit ’n pro­ku­reur of ’n siel­kun­di­ge soek, sorg dat hy ver­kies­lik kan sing. Of kies ’n Pi­la­tes-in­struk­teur wat kan rock.

Kry jy ie­mand wat boon­op sim­pa­tie het met ver­slag­ge­wers, kan jy maar luis­ter na wat hy te sê het.

Neem nou maar Han­ru Nie­mand. Lees jy na oor hom, sien jy dat hy graag met al­ler­lei angs­te, men­se met de­pres­sie, bi­po­la­ri­teit en moei­li­ke rou­pro­ses­se werk. Dis nou wan­neer hy sy een hoed dra.

Wan­neer hy die an­der, dié van san­ger en lied­jie­skry­wer op­sit, kom sy in­sig in die mens da­de­lik na die op­per­vlak.

Voor­heen het jy hom al in ’n ver­bys­te­ren­de skep­pings­pro­ses ge­sien waar hy bin­ne mi­nu­te met ’n nu­we kom­po­si­sie vo­ren­dag kon kom. Met meer tyd om te dink, kom hy met lied­jies vo­ren­dag wat die­per as die vel sny. Maar kyk nie die law­we kant van die le­we mis nie.

Om maar by die law­wig­heid te be­gin, gaan luis­ter na “Ek het ’n A­fri­kaan­se lied­jie ge­skryf” op Soun­d­cloud. As jy nog nie van­dag hard­op ge­lag het nie, is hier­die net die reg­te me­di­sy­ne. En as jy ’n Tim No­a­kes­dis­si­pel is, gaan hy jou twee keer laat dink met “Ban­ting en chips”.

As jy die reg­te Han­ru Nie­mand wil leer ken, gaan skaf sy vo­ri­ge al­bums aan en s­torm na ’n op­tre­de om sy nu­we al­bum K­reef­te­gang in die han­de te kry.

Hy wals on­be­skaamd met die lief­de in die ti­tel­snit. Pyn word met ’n i­ro­nie­se aan­slag be­sing. Een van die mooi­ste en oor­spronk­li­ke nu­we be­skry­wings kom juis in hier­die lied ter spra­ke – ’n koue win­ters­nag word as ’n ster­re­ta­ren­taal be­skryf.

As jy ’n ver­slag­ge­wer is, gaan jy ju­bel oor die be­grip wat hy vir men­se het wat dik­wels as har­te­lo­se aas­vo­ëls be­skou word.

Hy kry dit reg om met een­vou­di­ge me­lo­dieë en be­drieg­lik een­vou­di­ge li­rie­ke din­ge te be­skryf soos ’n mens dit graag self sou wou doen. Hy is son­der foe­fies en raak jou hart son­der om te hard te pro­beer om dit te doen. Dis geen won­der dat van sy lied­jies selfs Fin­ne en Rus­se be­koor nie.

En as Gert Vlok Nel nie ge­hoor gee aan sy ver­soek om net nog een ge­dig te skryf nie, sal niks hom daar­toe be­weeg nie. Die lied is slim ge­skoei op Vlok Nel se eie po­ging om Koos du P­les­sis uit die dood te laat “in­kom”.

On­ge­luk­kig is die al­bum net ’n kort­spe­ler. Maar ’n mens neem eer­der ’n klein drup­pel wa­re kwa­li­teit as kwan­ti­teit wat met een­sel­wig­heid ver­veel. Klap han­de oor klein ge­na­des soos hier­die. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.