Sa­ti­re oor dié bood­skap­pe van vrou­e­tyd­skrif

Beeld - - Kuns en vermaak - AJ Op­per­man

Die to­neel­stuk Un­fair La­dy wat van­dag in die Po­part-te­a­ter in Ma­bo­neng in Jo­han­nes­burg be­gin, noem geen vrou­e­tyd­skrif op die naam nie, maar be­klem­toon ver­al die ge­meng­de bood­skap­pe wat dié pu­bli­ka­sies uit­dra.

Hay­leigh E­vans, me­de­stig­ter van die Po­part-te­a­ter en een van die spe­lers in dié stuk, sê die pro­duk­sie wil nie aan­stoot gee nie.

“Dit is sa­ti­ries, en dit is moei­lik om te be­paal wie wát daar­uit sal maak.

“Die stuk be­staan uit ’n reeks sket­se wat elk­een juis ’n sa­ti­rie­se blik le­wer op die in­houd van ar­ti­kels wat dik­wels in vrou­e­tyd­skrif­te voor­kom – al­les van die re­dak­teurs­brief, ar­ti­kels, on­der­hou­de met glans­per­soon­lik­he­de en ru- brie­ke oor mo­des en oe­fe­nin­ge.”

Ra­cha­el Ne­a­ry is die an­der spe­ler. Tus­sen haar en E­vans ver­tolk hul­le al­te­sa­me 14 ka­rak­ters.

Or­ly S­ha­pi­ro is die re­gis­seur van dié pro­duk­sie wat die skry­wer Lau­ren Beu­kes vroe­ër as pyn­lik snaaks be­skryf het.

G­wy­di­on Beynon het die stuk ge­skryf, en is ook die skry­wer van stuk­ke soos The E­pi­ce­ne But­cher en El Blan­co: Ta­les of the Ma­ri­a­chi.

E­vans sê die teks be­vat baie ko­me­die.

“Dit spruit hoof­saak­lik uit die spel en die waar­heid wat in die teks op­ge­sluit lê. Daar is werk­lik s­kerp hu­mor.

Daar­mee saam be­vat die pro­duk­sie ook ’n vrou­li­ke pun­krock-klank­baan.”

) Ver­to­nings is van va- naand tot Sa­ter­dag om 20:00 en Son­dag om 15:30.

Kaar­tjies kos R120, maar R100 as jy aan­lyn be­spreek.

Be­soek po­part­cen­t­re.co.za of stuur e-pos na po­par­tj­hb@ gmail.com om te be­spreek.

Die te­a­ter se a­dres is Foxstraat 286, Ma­bo­neng, Jo­han­nes­burg.

Bel E­vans by 083 245 1040 of S­ha­pi­ro by 082 472 2559 vir meer in­lig­ting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.