Pra­vin Gord­han het nou wye steun no­dig

Beeld - - Kommentaar -

Die Suid-A­fri­kaan­se sa­ke­sek­tor se ner­we is al dun ge­ska­we. Se­dert die Ne­ne-skok in De­sem­ber, toe die mi­nis­ter van fi­nan­sies son­der oog­lo­pen­de re­de af­ge­dank is, ry die rand wip­plank, kwyn be­leg­gers­ver­troue en waar­sku kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap­pe oor ’n af­gra­de­ring van Suid-A­fri­ka se staat­skuld na rom­mel­sta­tus,

Voeg daar­by die po­li­tie­ke in­men­ging in die na­si­o­na­le te­sou­rie in die vorm van die be­we­rings oor op­tre­de teen Pra­vin Gord­han, die hui­di­ge mi­nis­ter van fi­nan­sies, en Suid-A­fri­ka kook in ’n gif­pot.

Dit is goeie nuus dat die Val­ke nou be­ves­tig het dat hul­le Gord­han nie in heg­te­nis gaan neem nie. Maar dit is he­laas nie goed ge­noeg nie. Gord­han het die vol­le steun van die ka­bi­net, par­le­ment en staats­lei­ers no­dig, as­ook die no­di­ge ruimte en vry­heid om te doen wat ver­eis word om die staats­fi­nan­sies weer op koers en die wer­king van die te­sou­rie en die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens weer op peil te kry.

Son­der po­li­tie­ke steun vir Gord­han – deur Lut­hu­li-huis, die U­nie­ge­bou en die par­le­ment – gaan die kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap­pe bloot be­sef dit is maar net “sa­ke soos ge­woon­lik”.

Wie ook al die mag­te in die ANC en die re­ge­ring ag­ter die in­ti­mi­da­sie van Gord­han is, moet be­sef hul­le speel Rus­sie­se rou­let­te met die wel­vaart van die men­se wat hul­le in hul pos­te in­ge­stem het, as­ook met dié van hul kin­ders, klein­kin­ders en al die an­der in­wo­ners van Suid-A­fri­ka.

Die jong­ste ont­le­dings van e­ko­no­me van S­tan­dard Bank wys die im­pak van ’n af­gra­de­ring tot rom­mel­sta­tus deur S­tan­dard & Poor’s, wat tans in die land is om ’n be­sluit te neem, kan die e­ko­no­mie in ’n re­ses­sie van ’n jaar of lan­ger dom­pel en tot die ver­lies van min­stens 200 000 werk­ge­leent­he­de lei.

Dit lyk as­of die plaas­li­ke aan­de­le­beurs nog nie die vol­le im­pak van rom­mel­sta­tus in aan­deel­pry­se weer­spie­ël nie. In an­der lan­de het aan­deel­mark­te met tot 60% ge­val in die aan­loop tot ’n af­gra­de­ring. As rom­mel­sta­tus nog nie vol­le­dig deur die fi­nan­si­ë­le mark­te weer­spie­ël word nie, is die werk­li­ke pyn nog op pad.

Lei­ers se den­ke oor wat ’n mo­der­ne e­ko­no­mie werk­lik no­dig het om te groei, moet in hier­die laat sta­di­um drin­gend ver­an­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.