Goeie nuus

Met wie stem God saam?

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

’n Stu­die van Ni­cho­las E­p­ley en sy na­vor­sing­span in 2009 haak steeds in my ge­dag­tes vas. Hul­le het be­vind men­se be­lyn dit wat hul­le as God se wil be­skou, ge­woon­lik ster­ker met hul­le eie sie­nings as met an­der men­se s’n.

In­dien die­ge­ne wat deel van daar­die stu­die was by­voor­beeld oor­tuig kon word om hul stand­pun­te oor sa­ke soos ho­mo­sek­su­a­li­teit, a­bor­sie of eg­skei­ding te ver­an­der, dan het God se stand­punt ook in hul oë ver­an­der.

An­ders ge­stel, wan­neer men­se ’n groot skuif in hul eie kop­pe ge­maak het oor die vraag of iets reg of ver­keerd is, dan het God pre­sies die­self­de ge­doen.

Nee, dan het hy eint­lik nog al­tyd soos hul jong­ste sie­nings oor daar­die saak ge­dink.

Is dit dalk hoe­kom Su­san An­tho­ny sê: “I dis­trust pe­op­le who know so well w­hat God wants them to do, for it al­ways coi­n­ci­des with their own de­si­res.”

Die op­los­sing: Moet God nie by jou i­dees aan­pas nie. Buig voor hom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.