Nol­lis hou by sy span

Bul­le be­loon vir se­ge

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – Die keu­ses by Lof­tus Vers­feld is le­gio, maar die Bul­le wat Sa­ter­dag teen die S­tor­mers op hul stuk­ke was, sal daar­voor be­loon word.

Af­ge­sien van die vleu­el Travis Is­mai­el, sal daar nie an­der ver­an­de­rin­ge aan die be­gin­span wees wat Sa­ter­dag in P­re­to­ria in die Su­per­rug­by-reeks teen die Leeus te staan kom nie.

Is­mai­el se skoon­pa is dood en die Bul­le het hom laat gaan om sy vrou by te staan.

Die S­pring­bok B­jorn Bas­son het Dins­dag­mid­dag in die be­gin­span ge­oe­fen en sal Is­mai­el se plek neem.

Die Bok-sen­ter Jan Ser­fon­tein suk­kel met ’n be­seer­de pols­ge­wrig en was ’n toe­skou­er ge­du­ren­de die oe­fen­ses­sie.

Nol­lis Ma­rais, die Bul­le se af­rig­ter, het ge­sê Ser­fon­tein sal reg wees om die Leeus in die mid­del­veld die stryd aan te sê.

So ook die los­ska­kel Fran­cois Brum­mer, wat soos Ser­fon­tein sy span­maats van langs die kant­lyn af dop­ge­hou het.

Ma­rais gee toe hy is in ’n be­voor­reg­te po­si­sie met die diep­te wat daar dié tyd van die Su­per­rug­by-reeks by Lof­tus is. Daar is ver­al ’n mag­dom los­voor­spe­lers wat oor­weeg kan word.

Dit sal nie wys wees om nou aan die kom­bi­na­sie van Ar­no Bo­tha, Jan­nes Kir­sten en Lap­pies La­bu­schag­né te ver­an­der nie.

Re­nal­do Both­ma lyk oor­ge­haal vir Su­per­rug­by-diens en sal gou­er eer­der as la­ter in die 23-tal in­ge­sluit word.

Dié voor­ma­li­ge Haai was Sa­ter­dag een van die Blou Bul­le se uit­blin­kers in Kim­ber­ley teen die G­rie­kwas in die Pro­vin­si­a­le Reeks.

Die bal­jag­ter-flank Roe­lof S­mit was self voor­tref­lik teen die Pou­blou­es en het drie drieë ge­druk.

Han­ro Lie­ben­berg, wat op die Bul­le se toer Doer On­der goeie ver­to­nings teen die For­ce en die Wa­ra­tahs ge­le­wer het, sal Sa­ter­dag in die voor­wed­stryd teen die Lui­perds in

‘‘ Dit is moei­lik om spe­lers uit te laat wan­neer hul­le so goed speel. Al is die be­doe­ling bloot om ’n spe­ler ’n rus­kans te gee.

die Pro­vin­si­a­le Reeks speel.

Ja­c­ques Pot­gie­ter, wat hom ver­le­de week by die Bul­le aan­ge­sluit het, is nog nie be­skik­baar nie.

“Dit is lek­ker om so­veel diep­te te hê, ver­al as jy dink dat ons vroe­ër in die reeks ’n kri­sis op flank ge­had het.

“Dit is moei­lik om spe­lers uit te laat wan­neer hul­le so goed speel.

“Al is die be­doe­ling bloot om ’n spe­ler ’n rus­kans te gee,” sê Ma­rais.

Die sen­ter Bur­ger O­den­daal en die heel­ag­ter War­rick Ge­lant is ag­ter­langs weer be­skik­baar na­dat hul­le ten vol­le van be­se­rings her­stel het.

Die aan­dui­ding is dat O­den­daal nog ’n week in wat­te toe­ge­draai sal word, ter­wyl Ge­lant teen die Lui­perds sy te­rug­keer sal maak.

Fo­to: DEAAN VIVIER

B­jorn Bas­son sal die Leeus Sa­ter­dag in die plek van Travis Is­mai­el die stryd aan­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.