Druk min as Leeus se­ë­vier

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – Een laas­te groot po­ging.

Dit is wat Jo­han Ac­ker­mann Sa­ter­dag van sy Leeus sal wil hê voor­dat die Su­per­reeks vir die vol­gen­de vyf we­ke tot stil­stand kom.

Die span van die Goud­stad kan hom­self ’n groot guns be­wys as hy Sa­ter­dag die eer­ste be­soe­ken­de span dié sei­soen word wat die Bul­le op Lof­tus Vers­feld in P­re­to­ria klop.

Dan sal die Leeus met ses of selfs se­we pun­te – sou hul­le met ’n drieë-bo­nus­punt wen – voor die Haaie wees na­dat al­bei span­ne 12 wed­stry­de ge­speel het.

Dit sou be­te­ken dat die Leeus dit selfs kan be­kos­tig om op 2 Ju­lie op El­lis­park teen die Haaie te ver­loor en steeds bo te ein­dig in A­fri­ka se Groep Twee.

’n Ne­der­laag op Lof­tus sal be­te­ken dat die Leeus net twee of drie pun­te voor die Haaie is en dan sal hul krag­me­ting met die her­vat­ting van die Su­per­reeks op 2 Ju­lie ’n eind­stryd wees om te be­paal wie bo ein­dig in hul groep.

Die be­lang­rik­heid van Sa­ter­dag se stryd op Lof­tus sal Ac­ker­mann-hul­le dus ge­wis nie ont­glip nie. Dit kan ’n ge­wel­di­ge ver­skil maak aan die oor­bly­wen­de drie wed­stry­de in hul groep en sal hul­le veel ge­mak­li­ker laat a­sem­haal ty­dens die rus­tyd­perk.

Nie dat dit lyk as­of die Leeus te veel rus­kans gaan kry nie. Nie min­der nie as 12 van hul­le gaan glo deel van Al­lis­ter Coet­zee se Bok­groep wees. Ac­ker­mann sal juis hoop sy spe­lers fo­kus op die Bul­le eer­der as om een oog op die Kaap te hê waar Coet­zee sy Bok­groep aan­kon­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.