AB klop Li­ons ei­e­han­dig

Kolf RCB tot in eind­stryd

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Bloem­fon­tein. – Ver­stom­mend AB de Vil­liers.

Dié Pro­tea-kol­wer het die Roy­al C­hal­len­gers Ban­ga­lo­re (RCB) gis­ter­aand in Ban­ga­lo­re uit ’n on­moont­li­ke po­si­sie tot in ’n der­de In­die­se P­re­mier­liga-eind­stryd ge­kolf.

Hy het met sy span feit­lik be­gra­we in dié kwalifiserende wed­stryd teen die Gu­ja­rat Li­ons 79* (47 bal­le, 5x4;5x6) ge­mo­ker om RCB (159/6) tot Son­dag se eind­stryd – weer op hul tuis­veld – te laat deur­dring.

Aan die stei­er op 68/6 in die tien­de beurt op soek na 159, sou min RCB ’n kans ge­gee het. Maar ABD, soos dit uit die pa­wil­joe­ne ge­dreun het, het an­der plan­ne ge­had en die wed­stryd in ’n on­ge­loof­li­ke jaag­tog op sy kop ge­keer.

Dit het ge­lyk of die be­soe­kers die groot ne­der­laag met 144 lo­pies in die span­ne se vo­ri­ge wed­stryd op die veld gaan wreek toe aan­vangs­bou­ler D­ha­wal Kul­kar­ni (4/14) RCB vroeg ge­skud het. Kul­kar­ni het Vi­rat Koh­li (0), Chris Gay­le (9) en Lo­kesh Ra­hul (0) goed­koop laat te­rug­stap. Koh­li se ge­luk was ná kolf­beur­te van 109, 75*, 113 en 54* op – hy het ’n af­le­we- S­ha­ne Watson het nou wel nie veel van ’n by­drae met die kolf vir die Roy­al C­hal­len­gers Ban­ga­lo­re ge­le­wer nie, maar hy het met 4/29 ge­help om die Gu­ja­rat Li­ons vir 158 uit te knik­ker in die span­ne se kwalifiserende wed­stryd gis­ter­aand in Ban­ga­lo­re. ring van Kul­kar­ni op sy paal­tjies ge­speel – waar­na die bou­ler hom met die vol­gen­de twee paal­tjies op ’n drie­kuns be­vind het. S­ha­ne Watson (1) kon nie op sy goeie boul­ver­to­ning voort­bou nie en Sa­chin Ba­by (0) se paal­tjie – Kul­kar­ni se vier­de – het die tuis­span op 29/5 laat stei­er. Die draai­er I­q­bal Abdul­la (33*), wat die Li­ons vroeg op die ag­ter­voet ge­had het, was aan die ein­de saam met De Vil­liers voor die paal­tjies.

Die be­soe­kers se kolf­beurt het vroe­ër net so be­roerd be­gin. Hul drie groot kolf­ka­non­ne B­ren­don M­cCul­lum (1), Aa­ron Finch (4) en Su­resh Rai­na (1) was na 22 bal­le te­rug in die pa­vil­joen na­dat hul­le deur Koh­li in­ge­stuur is om te kolf.

Die hot­klou Abdul­la (2/38) en Watson (4/20) het die Li­ons vroeg op 9/3 in die knyp ge­had. D­way­ne S­mith (73, 41 b) was die Li­ons se bes­te kol­wer.

Fo­to: SPORTZPICS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.