Lan­sie vir Van Gaal ge­breek

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Lon­den. – Lou­is van Gaal het veel meer re­spek ver­dien.

Só meen die Ne­der­land­se sok­ker­spe­ler Da­ley B­lind na­dat Man­ches­ter U­ni­ted Van Gaal as af­rig­ter af­ge­dank het.

Hy glo ook Van Gaal moes baie be­ter be­han­del word en het on­reg­ver­di­ge be­spie­ge­lings ver­duur oor sy toe­koms voor­dat hy Maan­dag die trek­pas ge­kry het.

“Ek het al­tyd goed saam met hom ge­werk en het ge­hoop dit sou lan­ger aan­hou.

“Die af­rig­ters van groot En­gel­se klubs is al­tyd on­der groot druk, maar oor die af­ge­lo­pe ses maan­de is hy glad nie reg­ver­dig be­han­del nie,” het B­lind gis­ter by die Ne­der­land­se oe­fen­kamp in Por­tu­gal ge­sê.

“Ek dink reg­tig ’n af­rig­ter soos Lou­is van Gaal, wat so baie be­reik het, ver­dien meer re­spek.

“Al is daar oor die laas­te paar maan­de so­veel ge­skryf oor hoe hy sy werk sou ver­loor, het hy ons as spe­lers al­tyd pro­beer be­skerm.

“Dit kan nie mak­lik wees vir ’n af­rig­ter as jy heel­tyd in die koe­ran­te moet lees hoe jy af­ge­dank gaan word nie.

“Ons as groep het in hom bly glo en het dit ge­wys met ons ver­o­we­ring van die FA Cup. (Man­ches­ter U­ni­ted het Cry­stal Pa­la­ce Sa­ter­dag met 2-1 ge­klop.)

“Ons het dit vir ons on­der­steu­ners, die af­rig­ter en ons­self ge­doen. Dit was uit­ein­de­lik ’n goeie ein­de aan ons sei­soen,” het die 26-ja­ri­ge B­lind, ’n ver­de­di­ger, ge­sê.

Van Gaal het B­lind van A­jax Am­ster­dam weg­ge­lok toe hy twee jaar ge­le­de as af­rig­ter van Man U­ni­ted oor­ge­neem het.

“As dit waar is dat José Mour­in­ho gaan oor­neem, is dit ook ’n af­rig­ter wat al baie be­reik het,” B­lind ge­sê.

“Ek sal moet wys wat ek kan doen. Ek kan te­rug­kyk op ’n goeie sei­soen waar­in ek 57 wed­stry­de ge­speel het, as­ook ’n paar in­ter­na­si­o­na­le krag­me­tings.”

B­lind se span­maat Memphis De­pay glo sy toe­koms by die Red De­vils is vei­lig, on­danks die ver­trek van Van Gaal.

“Ek kan nie sien hoe­kom nie. Ek is te­vre­de hier en die be­stuur weet ek is ge­luk­kig hier,” het die 22-ja­ri­ge De­pay ge­sê.

Hy het nie die groep vir die FA Cup-eind­stryd ge­haal nie.

“Ek is nie se­ker of ek en die af­rig­ter ’n lief­des-haat-ver­hou­ding ge­had het nie.

“Dat hy nou nie meer daar is nie, is maar deel van die le­we en jy leer daar­uit en dit maak jou ster­ker,” het De­pay ge­sê.

‘‘ Ek dink reg­tig ’n af­rig­ter soos Lou­is van Gaal, wat so baie be­reik het, ver­dien meer re­spek. — DA­LEY B­LIND, VER­DE­DI­GER VAN MAN­CHES­TER U­NI­TED

Fo­to: GETTY IMAGES

Da­ley B­lind wys Sa­ter­dag sy staal vir Man­ches­ter U­ni­ted teen Cry­stal Pa­la­ce in die FA Cup­eind­stryd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.