Com­ra­des: Ke­le­he mik nou vir 2 in ’n ry

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

Jo­han­nes­burg. – Se­dert die glo­rie­dae van Bru­ce For­dy­ce in die 1980’s kon geen Suid-A­fri­ka­ner die Com­ra­des twee keer ná me­kaar wen nie.

Gift Ke­le­he, wat ver­le­de jaar die op-Com­ra­des tus­sen Dur­ban en Pie­ter­ma­ritz­burg ge­wen het, hoop om dit Son­dag te ver­an­der, wan­neer hy glo­rie in die af-wed­loop jaag.

For­dy­ce, ’n ne­ge­ma­li­ge wen­ner van dié moor­den­de wed­loop, was in 1987 en 1988 die laas­te een wat twee in ’n ry kon wen.

“Gift is baie fiks en lyk goed,” het John Ham­lett, sy af­rig­ter, gis­ter­mid­dag ge­sê.

Ke­le­he, wat vir die klub Tom-Tom hard­loop, en sy oe­fen­maats het die laas­te paar we­ke in die Dull­stroom-om­ge­wing op die pla­to­rand van M­pu­ma­lan­ga hoog bo see­vlak ge­oe­fen.

“Hul­le het hard ge­oe­fen. Gift het tus­sen 250 km en 300 km per week af­ge­lê,” het Ham­lett ge­sê.

“Hy het ’n lig­te be­se­ring ge­had, maar dit is maar deel van die voor­be­rei­ding as jy so hard oe­fen. Die be­se­ring is ge­luk­kig iets van die ver­le­de.”

Die oe­fen­groep is tot mô­re in Dull­stroom. Hul­le keer dan te­rug Gau­teng toe en ver­trek Vry­dag Dur­ban toe.

“Hy (Ke­le­he) het vir my ge­sê hy sal al­les gee om twee ag­ter­een­vol­gen­de Com­ra­des, die een op en die an­der af, te wen,” het Ham­lett ge­sê.

Ham­lett was ook die af­rig­ter van Ke­le­he se broer, Andrew, toe dié in 2001 die af-wed­loop ge­wen het.

Ke­le­he, ’n Rus­ten­burg­se po­li­sie­lid, het ver­le­de jaar se Com­ra­des op in­druk­wek­ken­de wy­se ge­wen.

Die 34-ja­ri­ge Ke­le­he, wat min­der as 50 kg weeg en ’n vet­per­sen­ta­sie van net 8% het, was twee jaar ge­le­de in die vo­ri­ge af-wed­loop der­de. In 2012 was hy agt­ste.

Dit wys hy het ook in die af­wed­loop ’n goeie ver­to­nings­lys.

Fo­to: IAN CARBUTT

Gift Ke­le­he glim­lag ver­le­de jaar breed ter­wyl hy eer­ste oor die wen­streep van die Com­ra­des­ma­ra­thon hard­loop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.