Lof­fie gaan nou Aus­tin Huns in VSA slyp

24 uur

Beeld - - Sport - – Mi­cha­el G­reen

Port E­li­za­beth. – Eu­ge­ne Eloff, ’n voor­ma­li­ge af­rig­ter van die Jong Bok­kies, het ’n kon­trak aan­vaar om in die VSA te gaan af­rig.

Die 58­ja­ri­ge Eloff het vol­gens The S­ta­tes­man by Kirk Ta­te as brei­er van die Aus­tin Huns oor­ge­neem.

“Ek hou van ’n nu­we a­von­tuur. Die VSA het die po­ten­si­aal om een van die suk­ses­vol­ste rug­by­na­sies ter wê­reld te word,” het Eloff lui­dens die koe­rant­be­rig ge­sê.

Die S­pring­bok­vleu­el Bry­an Ha­ba­na word ook in die be­rig aan­ge­haal.

“Sy (Eloff se) ver­moë om met jong spe­lers te werk en hul wa­re po­ten­si­aal te ont­gin, maak hom uit­ste­kend,” het Ha­ba­na glo ge­sê.

Eloff sal die span aan­vank­lik net vir die 2016­’ 17­sei­soen af­rig.

Die Huns mik daar­na om in dié tyd van ’n se­mi­be­roep­span na ’n vol­le be­roep­span oor te ska­kel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.